kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chanelle de Jager – oor Projek Dina se derde seisoen

Die gedugte taakspan van Kaapstad is van hierdie week af terug op ons TV-skerms. Hulle is weer reg om alles in die stryd te werp om misdade op te los en uit te vind wie die meesterbrein is agter die sindikaat wat hulle sedert die eerste seisoen ondersoek. Dis nie net die sake wat drama veroorsaak nie, maar ook die konstante veranderinge in die taakspan se persoonlike lewe wat almal se senuwees rou skaaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Elke saak wat die span ondersoek, is geïnspireer deur werklike Suid-Afrikaanse gevalle. Nicci Rheeder van Missing Children SA en Marcel van der Watt, wat jare aan talle sulke sake gewerk het toe hy lid van die SAPD was, het as konsultante vir die skryfspan gedien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit onder andere weer die geliefde aktrise Chanelle de Jager as Ronel in. Chanelle bekoor al lank kykers in veral Egoli: Plek van Goud, Fynskrif, Stroomop, Faan se trein, Die boekklub en Die byl.

Chumani Pan en Kay Smith is ook weer op hul pos. Nuwe gesigte soos Laudo Liebenberg, Deon Coetzee, Arno Greeff, Cintaine Schutte, Frank Rautenbach en Corine du Toit is almal deel van die aksie in die nuwe seisoen.

In die tweede seisoen het Ronel uiteindelik haar geliefde suster, Dina, opgespoor en dié  twee is herenig, maar in die derde seisoen verloop dinge nie soos wat Ronel gehoop het nie. Dina het baie trauma om te verwerk en hoe harder Ronel probeer om haar te help, hoe meer stoot sy haar weg. Sal Ronel vir Dina kan oortuig om die waarheid te praat? Sal albei sussies dapper genoeg wees om hul eie probleme in die gesig te staar?

Karlien Meiring het by Chanelle meer oor die jongte seisoen en die uitdagings van aktrise-wees gaan uitvind.

Hoe sou jy jou karakter se ontwikkeling in die derde seisoen van Projek Dina beskryf?

Die derde seisoen wys die ware Ronel. Ons het haar in seisoen een en twee as iemand wat swaar aan haar suster se verdwyning dra, leer ken. Nou dat Dina terug is, onder die wakende oog van Ronel, is Ronel meer in beheer, en minder emosioneel stukkend. Ronel is sterker en vreesloser as ooit tevore. Sy sal geregtigheid sien seëvier, maak nie saak wat nie!

Hoe berei jy voor vir emosioneel veeleisende tonele in die reeks?

Ek glo nog al die jare dat ’n mens in jou eie seer moet gaan rondkrap. Daar is tog in ons almal dinge wat ons kwaad maak, of bang maak. Dit is hoekom ek toneelspel so bitter baie geniet. Elke rol is ’n kans om dieper in myself te soek, en daarin lê ook baie persoonlike genesing.

Hoe het die bedryf verander sedert jy die eerste keer begin toneelspeel het, en wat dink jy hou die toekoms vir akteurs en aktrises in ons land in?

Ons betree weer ’n goue era. Daar is ongelooflik baie werk, veral noudat Netflix SA ook hier onder ons neuse begin werk vervaardig. Die internet het sonder twyfel ’n groot invloed op akteurs in die publieke oog. Ek is dankbaar daar was geen sosiale media in my jonger jare nie (mense wat my goed ken, weet ek was baie stout!).

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek is totaal en al versot op die reeks Yellowstone. Die Cowboys is sag op die oog, die storielyn en toneelspel is ook briljant. En Beth Dutton gaan nog lank onthou word! Wat ’n fantastiese karakter om te speel …

Ek maak ook graag kuns uit skedels, en dit hou my lekker besig as ek nie werk nie. Ek kerf fyn patrone uit die been, en verf dit ook. Kyk gerus op my Facebook-blad, @ChanelledeJagerCarvings.

As jy enige geskiedkundige of fiktiewe karakter kon speel, wie sou dit wees?

As daar ooit ’n rolprent of reeks gemaak word van die musiekgroep Mango Groove se Claire Johnston, sal ek haar so graag wil speel!

Projek Dina wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dié seisoen het Engelse onderskrifte en sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Daniel Strauss – oor sy nuwe boek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

24 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

54 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.