kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Carmen Maarman oor die nuwe telenovelle, Skemergrond

In die langverwagte telenovelle Skemergrond skep die skilderagtige landskappe van die Wes-Kaapse platteland en die blommemarkte van Kaapstad die agtergrond vir ’n verhaal wat beloof om ’n wye verskeidenheid kykers te boei. Dit spog met ’n sterbelaaide rolverdeling en kom in die plek van Arendsvlei, ’n telenovelle wat baanbrekerswerk gedoen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die geliefde akteurs wat hierdie epiese familiesage na die kassie toe bring, sluit onder andere Charlton George, Khadija Heeger, Hildegardt Whites, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias, Deon Lotz en Deirdre Wolhuter in. Talentvolle jong akteurs maak ook hul buiging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skemergrond ontvou in die bekoorlike dorpie Gemoedsdrif, geleë in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-gesin en hul pragtige blommeplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergewerp wanneer die aflewering van ’n brief dreig om skokkende familiegeheime te onthul. Dit lei tot groot spanning en gebeure wat almal se lewe onherroeplik gaan verander. Ou wonde word oopgekrap en nuwe bande word gesmee om die Louws en hul nalatenskap te red en te beskerm.

“Ons het ’n uitsonderlike rolverdeling en ’n briljante span mense agter die skerms bymekaar gebring om hierdie veelvlakkige storie vol geheime, liefde en wraak te vertel. Kykers gaan deur al die emosionele kinkels aangegryp en verras word,” sê Roberta Durant, een van die projek se kreatiewe vervaardigers.

Terwyl kykers in die lewens van die Gemoedsdrif-inwoners delf, word hulle voorgestel aan die bestuurder van die familie se Everlasting-blomonderneming, Hazel Maarman, wat deur die talentvolle Carmen Maarman gespeel word. Carmen is veral bekend vir haar rolle in gewilde reekse soos Lui Maar Op, Belinda, Arendsvlei en Skemerdans.

“Ek moes opnuut vir my karakter in Skemergrond voorberei, want Natalie in Arendsvlei en Hazel is totaal en al verskillend. Wat ek gewoonlik doen, het gewerk: Ek trek die karakter se kostuum en skoene aan sodat ek die karakter kan ‘voel’,” vertel sy.

Karlien Meiring het meer by Carmen oor die splinternuwe telenovelle gaan uitvind.

Hazel is die oudste dogter van JP en Jasmine Louw en bestuur die familieblommeplaas. Sy is getroud met ’n dokter, Ronnie Maarman, en hulle het een seun, Junior. Sy is ’n toegewyde vrou en oplettende ma. Hazel is gemaak vir die plaas; ’n mens kan sê sy is een met die grond. Ek het aangetrokke tot haar gevoel oor haar heilsaamheid. Sy dra haar hart op haar mou. Daar is iets baie spesiaals aan Hazel. Ek geniet dit baie om haar te speel!

Hazel gaan deur ’n warrelwind van emosies as gevolg van familie, die besigheid, en die aankoms van ’n vreemdeling wat haar op die dorp kom inwurm. Daar lê baie voor vir Hazel, maar jy sal moet inskakel om uit te vind …

Dat elke huis sy kruis het. Ek dink daar is baie gevalle waar die kykers hulself in die karakters sal sien. Familie is belangrik, maar hoe ver sal jy gaan om hulle te beskerm?

Ek wou van kleins af mense vermaak en stories vertel. My eerste liefde sal altyd die verhoog bly; daar is iets so magies en mooi daaraan.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Ek hou my maar altyd besig. Ek hou van kook, huis skoonmaak, en goed rondom die huis regmaak. Ek bring tyd saam met my familie and vriende deur, ek draf, en ek is absoluut mal daaroor om op die strand te stap. Daar is wel tye wanneer ek my foon afsit, op die rusbank sit en net unwind met ’n fliek of iets wat ek kan binge.

Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dié telenovelle begin op 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: Die Glam Guru swaai binnekort weer sy towerkwas. Skryf nou in!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.