kategorieë: HandwerkLeefstyl

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met blomkunstenaar Dané Verwey

Sy is bekend vir die skep van buitengewone botaniese wonders wat lewe blaas in veral troues en foto- en videosessies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met ’n aanvoeling vir die verbeeldingryke en ’n passie om die grense van blomontwerp te verskuif, is Dané en haar span, bestaande uit hoogs bekwame bloemiste en diensverskaffers, se unieke blomontwerpe deesdae gesog in die hartjie van die Wes-Kaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: @bystudioA

Haar werk is ook tans in ons Julie-uitgawe se modeblaaie te sien. Blaai gerus na bl 32 vir ’n lushof vir die oog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Gareth Nelson

“Ek wou aanvanklik ’n loopbaan in veekunde volg, maar het ongelukkig nie daarvoor ingekom nie. Terwyl ek gewag het om weer die volgende jaar te probeer inskryf, het ek ’n kursus in troue- en geleentheidsorganisering voltooi,” vertel Dané.

Sy het van jongs af ’n oog vir kuns gehad en haar kunssinnigheid met verskeie mediums uitgeleef. Gedurende ’n internskap by ’n blomontwerper, het sy onmiddellik besef dat blommekuns die manier is waarop sy haar kreatiwiteit wil uitleef.

“Dit het ’n paar jaar gevat voor ek besef het dat daar regtig ’n rede vir alles is en ons net God se proses moet vertrou. As Hy nie vir my ander deure toegemaak het nie, sou ek dalk nie so vinnig by die regte deur aangeklop het nie,” sê sy.

En as jy wonder wat die verskil tussen ’n bloemis en ’n blomkunstenaar is: “’n Bloemis rangskik bosse blomme wat verkoop word. ’n Blomkunstenaar skep kuns deur van blomme gebruik te maak.”

Karlien Meiring het meer oor Dané se blommekuns gaan uitvind.

Hoe sou jy jou unieke styl of benadering tot blommerangskikkings beskryf?

Dit is ’n moeilike vraag om te antwoord, want ’n kunstenaar se styl verander mos maar soos ’n mens groei, en dit hang af van waarvandaan ’n mens inspirasie kry. Daar is wel sekere elemente wat altyd eie aan my is. My styl is uniek en quirky. Ek hou daarvan om interessante teksture, kleurkombinasies, vars blomme en gedroogde blomme saam te gebruik, wat nie alledaags is nie. My manier van blomme te rangskik, is ook baie “los”. Ek forseer nie ’n blom in iets in nie, en laat die blom vir my “sê” waar dit wil wees. Ek probeer altyd iets skep wat ’n storie vertel. As my rangskikkings iemand se oog vang, wil ek hê dit moet hulle oor die samestelling van kleure en teksture laat wonder.

Foto: @bystudioA
Foto: @bystudioA

Wat is jou gunstelingbronne van inspirasie wanneer jy blomontwerpe skep?

Ek vind inspirasie oral om my. Al is dit nou in modeneigings, in ander mense se tuine of as ek tussen groente en vrugte rondloop en iets sien wat bietjie vreemd lyk. Kleur inspireer my ook baie! ’n Mens kan inspirasie in die eenvoudigste en onverwagste oomblikke vind, jy moet net jou oë oophou.

Wat is van die lonendste aspekte van jou werk met blomme en om blommerangskikkings te ontwerp?

Die lonendste aspek is vir my die gevoel wat ek kry sodra ek klaar met ’n projek is. Wanneer ek kan terugstaan en sien hoe mooi alles bymekaar gekom het. In die kunswêreld gebeur dit gereeld dat iemand nie van jou idee hou nie, want hulle sien dit nie deur jou oë nie. Sodra my kuns klaar is en mense dit kan bewonder, is dit so lekker om hul reaksies te sien. Ek kan dan sien hoe mooi hulle dink dit is en dat hulle die storie wat vertel word, verstaan. Natuurlik is dit ’n bonus as die kliënt gelukkig is!

Foto: @bystudioA
Foto: @bystudioA

Het jy wenke vir lesers wat hul eie pragtige blommerangskikkings by die huis wil skep?

  • Jy moet weet dat niks verkeerd is nie. Ons almal sien “mooi” anders. Rangskik met selfvertroue.
  • Wanneer jy blomme rangskik, moet jy met verskillende kleure en teksture eksperimenteer. Moenie net blomme in ’n pot druk nie, kyk of jy dalk ’n paar blomme in ’n ander rigting kan laat staan of gaan pluk mooi groenigheid in die tuin vir bietjie tekstuur.
  • Maak altyd seker jou stele is skoon! Blomstele wat mooi skoon in die water is, lyk beter en keer dat jou water vinnig vuil raak. Dit sal ook jou blomme langer laat hou.

Watter raad het jy vir aspirant-blomkunstenaars wat dit as ’n loopbaan wil volg?

  • Moenie dink almal gaan van jou styl hou nie, hulle gaan nie. Dit vat jare voor jy ’n mark kry wat jou kuns waardeer.
  • Glo in dit wat jy skep. Net omdat iemand nie daarvan hou nie, beteken nie jy moet doen wat almal om jou doen nie, want dan skep jy nie kuns nie, jy rangskik net iets wat reeds geskep is.
  • Daar is nie iets soos oornagsukses nie. Jy gaan baie hard moet werk en nie tou opgooi nie.
  • Geniet die proses. Almal moet eers sukkel voor hulle beter raak of selfs dinge makliker vind.

Foto: Gareth Nelson

Volg haar op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Helené Bester en Jannie Moolman – oor hul nuwe duet, “Nag in die Namib”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.