kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir Luandri Reynders, die talentvolle aktrise wat die formidabele verpleegster Karen Kriel in Binnelanders vertolk, is toneelspel nie net ’n loopbaan nie; dit is ’n passie wat gewortel is in die begeerte om stories te deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“My droom vir my loopbaan is net om die geleentheid te kry om stories te kan vertel,” verduidelik sy. “Ek dink dit is hoekom mense ’n akteur word. Jy wil mense se stories vertel. En deur stories te vertel, gee jy ander mense ’n kans om vir ’n rukkie van die werklikheid te ontsnap.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het as enigste kind in Pretoria grootgeword en bly steeds in dié lewendige stad. Nadat sy aan die Afrikaans Hoër Meisieskool gematrikuleer het, was Luandri se reis na toneelspel ’n bietjie van ’n verrassing, selfs vir haarself. Maar toe sy eers hierdie passie ontdek het, was daar geen omdraaikans nie en sy het kop eerste in die wêreld van drama ingeduik en haar opleiding by PALI in 2017 voltooi.

Nes Karen is Luandri ook ’n introvert. Sy glo egter dat anders as sy, Karen geneig is om haarself té ernstig op te neem, en vergeet dikwels dat om foute te maak, deel van die lewe is.

“Dit is waar ons bietjie verskil. Ek dink dit is baie belangrik om na jou emosionele welstand om te sien en wanneer dit voel of dinge te veel raak, moet jy vir jouself ’n tydjie gee om te ontspan. Karen vertrou nie maklik mense nie, want sy het al te veel ervaar hoe dit elke keer in haar gesig opblaas,” sê Luandri.

Karlien Meiring het meer oor Luandri se ervaring in Binnelanders se hospitaalsale gaan uitvind.

Wat is die grootste les wat jou karakter, Karen, jou al geleer het?

Karen gee baie om vir ander mense. Ons het almal gesien hoe sy vir Liam in hul verhouding bygestaan het. Sy sou enigiets doen om hom te help, maar sy het haarself nooit eerste gestel nie. En in die proses het sy haarself verloor. Natuurlik wil ons altyd mense help vir wie ons lief is, maar jy kan net soveel van jouself gee voordat jy niks meer oor het nie. Karen het my geleer dat dit nie verkeerd of sleg is om soms jouself eerste te stel nie.

Wat was tot dusver jou gunsteling-oomblik of storielyn as Karen op Binnelanders, en hoekom?

My gunsteling-storielyn was beslis die een waar Karen en Liam mekaar ontmoet het. Ek was so opgewonde om daardie kant van Karen te kon uitbeeld. Die manier hoe hul verhouding ontwikkel het, was vir my so mooi. Ek en David Viviers het soveel pret op stel gehad. Boonop was dit vir my spesiaal omdat my ouers op baie dieselfde manier ontmoet het!

As jy enige ander karakter op Binnelanders kon vertolk, wie sou dit wees en hoekom?

Natuurlik sal ek nooit die rol so goed kan vertolk soos Lorraine Burger nie, maar Annetjie! Ek geniet haar karakter vreeslik baie. Sy het vir my van die beste lines en oomblikke in die sepie. Sy is sonder twyfel my gunsteling-karakter.

Watter reekse is op die oomblik jóú gunsteling?

Dit is ’n moeilike vraag, ek het so baie! My gunstelingreeks is The Crown. Wat is daar nie om te love nie? Die akteurs is briljant en die teks is vreeslik goed geskryf. Ek geniet ook die nuwe Showmax-reeks Koek en die Warrior-reeks op Netflix. My kêrel was ’n stunt-akteur in Warrior, so ek mag dalk ’n bietjie bevooroordeeld wees!

Lees ook: Cindy Swanepoel vat die koek in nuwe Showmax-misdaadkomedie

Waarmee is jy besig wanneer jy nie op stel is nie?

Ek geniet dit vreeslik om te gim. Dit bied vir my ontsnapping. ’n Mens kan ’n uur lank van alles in jou besige dag vergeet en net daarop fokus om iets vir jouself te doen. Ek geniet dit ook baie om Playstation te speel. Ek het met hierdie stokperdjie in Covid-tyd begin en kan myself steeds ure lank daarin verloor. Daar is baie speletjies met die mooiste storievertelling. Dit voel asof jy in beheer van ’n fliek is.

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders afspeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Ansu van der Sluys oor haar nuwe onderneming in binnenshuise versiering

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.