Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Claudia Jones

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Van Laerskool Bernard Isaac se verhoog tot die stelle van Binnelanders, is Claudia Jones se reis in die vermaaklikheidsbedryf ’n bewys van die krag van passie en volharding in die najaag van drome. Sy boei tans gehore met haar rol as die parmantige verpleegster, Febé, in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Claudia (30) is in Westbury, Johannesburg gebore en het haar liefde vir toneelspel by Laerskool Bernard Isaac ontdek waartydens sy die rol van Pinocchio in ’n Janice Honeyman Pantomime-produksie vertolk het.

“My liefde vir toneelspel kom regtig al van my kinderdae af. Ek het al voor laerskool geweet ek hou daarvan om voor mense op te tree,” deel sy.

Sy het aan die Nasionale Skool vir Kuns (NAC) drama as hoofvak geneem, en ná skool sielkunde studeer. Haar reis na kleinskerm-roem het by haar werk as radio-aanbieder begin waarna sy in 2018 die televisiebedryf as die ambisieuse aspirantaktrise Candice Johnson in die sepie Getroud met Rugby betree het.

“Ek is een van baie min mense wat hul doel en passie baie vroeg in die lewe kon besef en ek dank God daarvoor,” sê sy.

Karlien Meiring het meer oor Claudia se reis na sepie-roem gaan uitvind.

Watter aspekte van Febé se karakter in Binnelanders vind jy die uitdagendste om uit te beeld?

Ek moet sê ek is nie so katterig soos Febé nie. Ek haal nie sulke streke uit nie. Sy is vir my nogal uitdagend om te vertolk omdat ek nooit soortgelyke dinge sou doen of sê nie.

Hoe het jy as aktrise gegroei sedert jy jou loopbaan begin het, veral deur jou ervarings by Binnelanders en Getroud met Rugby?

Deur my jare heen by Getroud met Rugby en veral hierdie jaar waar ek behoorlik as vryskut gewerk het, voel ek ek het baie meer selfvertroue op stel aangeleer. Gewoonlik sou ek net wou doen wat ek gesê word om te doen, maar nou het ek die vrymoedigheid om my idees uit te spreek en voorstelle te maak.

Is daar spesifieke rolle of genres wat jy nog graag in die toekoms wil verken?

Ek wou nog altyd diep, donker rolle aanpak. Iemand met ’n ingewikkelde verlede wat ’n bietjie mallerig is. Vir een of ander rede smag ek na so ’n rol!

Was daar enige rolmodelle in jou lewe wat jou reis in die vermaaklikheidsbedryf geïnspireer het?

Definitief! Diaan Lawrenson was nog altyd vir my ’n ikoon. Kim Cloete, June van Merch, Christo Davids, Denise Newman… Hul fantastiese spel en absolute talent inspireer my vandag nog.

Buiten toneelspel, wat is van jou gunstelingstokperdjies?

Moenie lag nie, maar skoonmaak is my gunstelingstokperdjie. Ek hou van eet of uitgaan om te eet en ek love dit om vir myself ’n silent disco te hou en die hele aand lank te dans!

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Marna van ‘Die Brug’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

33 mins Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

46 mins Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

2 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.