kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n knal afgeskop as mede-aanbieder van die rugbyvasvraprogram Koppestamp, wat vir opgewondenheid vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi gesorg het. Maar voor dit het sy reeds haar stempel as die energieke Stella, die gesig van kykNET tydens hul 21ste verjaardagveldtog, afgedruk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En nou is sy as Ciska Nortjé, die rabbedoe-niggie van Nicolette (vertolk deur Kate Roothman) in Binnelanders te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dis lekker om die kykNET-kykers bietjie ‘range’ te wys, omdat Stella ’n karakter met baie energie was. Toneelspeel in ’n sepie is baie uitdagend! Ek het so baie geleer,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Cornél van Heerden

Deoudoné, een van ses dogters, se grondslag vir haar toekoms in die kollig is by Oakfields College gelê waar sy drama en musiekteater studeer het.

Volgens haar is die Binnelanders-stel ook ’n waardevolle leerskool.

“Ek het my geheue-spier baie geoefen: Dis baie teks wat jy met die meeste regisseurs woord-vir-woord perfek moes geleer het! Ek moes ook heeltyd oop vir terugvoering wees, vinnig kon aanpas en gemaklik raak met tegniese aspekte wat baie onnatuurlik kan voel.”

Sy sê die grootste les wat sy tot dusver deur haar vertolking van die rebelse suster Ciska geleer het, is dat daar nie iets soos ‘perfek’ in toneelspel is nie.

“Die storie begin dalk lig, maar ons hanteer baie ernstige onderwerpe. Ciska gaan deur ’n hele reeks emosies; dit was as aktrise so ’n lekker uitdaging!”

Karlien Meiring het meer oor Deoudoné se reis na TV-roem gaan uitvind.

Ek was al as kind baie dramaties en mal daaroor om normale daaglikse take in “breaking news”-tonele te omskep. Dit was eers toe ek baie ouer was, dat dit ’n loopbaanopsie geword het. Ek was op die punt om onderwys te gaan studeer, want ek het in my oorbruggingsjaar by ’n skool gewerk wat vir my studies sou betaal het. Toe ek my pa van hierdie plan vertel het, was sy woorde: “Maar dit is mos nie wat jy wil doen nie? Jy wil act!” En met daardie ondersteuning het ek van koers verander en drama (vir ’n jaar), musiekteater en dans (vir drie jaar) studeer. Ek het TV en rolprente in my studies ontdek en daarop verlief geraak! Dis so “real” – as jy as akteur dit voel, dan voel die kykers dit ook.

Haar hardkoppigheid en hoe sy gesag net minag. Ek is definitief meer van ’n reëlvolgeling. Ek is ook baie meer van ’n vredemaker en sal eerder dinge uitpraat en iemand se kant probeer insien as net myself vervies. Dit was dus interessant en uitdagend om ’n paar baie kwaai tonele te speel!

Vandat ek besluit het om drama te swot en besef het hoe groot my passie daarvoor is, is ek werklik deur elke akteur teenoor wie ek al gespeel het, geïnspireer – selfs tydens oudisies. Ek weet Charlize Theron is nie meer baie Suid-Afrikaners se gunsteling nie, maar sy is regtig vir my inspirerend. ’n Meisie van Benoni wat ’n Oscar wen? Dit is baie, baie indrukwekkend!

Ek is kunstig en is mal oor verf en skets (Kyk hier na van haar kunswerke) Ek het ook verlede jaar begin om toneelspel-werkswinkels vir vriende by my huis aan te bied – snaaks genoeg vir meer mense wat nie akteurs is nie en dit is vet pret!

Ek is mal oor ons plaaslike bedryf en is trots Afrikaans! Dit is lekker om stories in jou eie taal te kan vertolk, maar my groot droom is om ook in internasionale rolprente te kan speel. Ek het nog ’n ver pad om te gaan en baie wat ek moet leer, maar my ek glo: “Aim for the stars and you might reach the sky.”

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

37 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

45 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

49 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.