Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een van die invloedrykste figure in die Afrikaanse musiekbedryf, het pas sy jongste enkelsnit, Tik Tok (Die ballade van Klasie van Staden) vrygestel. Hierdie aangrypende ballade neem luisteraars op ’n emosionele reis deur die lewe van Klasie Frik van Staden – ’n eensame spoorwegwerker in die Karoo, vasgevang in die genadelose tik-tok van tyd.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Met byna vyf dekades in die musiekbedryf, bly Anton se vertelkuns en lirieke tydloos. Tik Tok verken temas van isolasie, roetine en die onvermydelike verbygaan van tyd, met ’n dramatiese wending wat luisteraars sal boei. Die lied is geïnspireer deur ’n ware gebeurtenis, maar Anton het dit omskep in ’n diep simboliese en emosionele ballade.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Hierdie lied gaan oor tyd. Vir Klasie het die tik van die horlosie sy werk en sy eensame bestaan gesimboliseer. Maar, op sy laaste dag, doen hy iets drasties wat alles verander,” verduidelik Anton.
Dit is die vyfde enkelsnit vanaf Sirkels, ’n album wat tyd en sy impak op ons lewe ondersoek. Die album is ’n versameling boeiende stories en diep introspektiewe liedjies, getrou aan sy kenmerkende styl.
Karlien Meiring het met die Liedjieboer gesels oor stiltes, sy jongste album en sy huis in Gansbaai.
Tyd is onsigbaar, maar dat dit die lewe van ons hele planeet beïnvloed, is ’n algemene waarheid. “Time is a jet plane, it moves too fast” het Bob Dylan gesê en dis waar, want tyd het nie ’n pause-knoppie nie. In my jongste enkelsnit “Tik Tok” word die onderwerp verduidelik aan die hand van Klasie Frik van Staden wat op ’n eenman-sylynstasie in die Karoo vir 40 jaar die spoorweghorlosie sit en dophou het. Klasie vang egter iets uiters drasties aan op sy laaste werksdag. Dis gegrond op ’n ware gebeurtenis wat ek by ’n oud-joernalis gehoor het, maar ek het die einde bietjie opgekikker …
Daar is heelwat musikante se werk wat ek respekteer onder andere Francois van Coke, Gian Groen, Jan Blohm, Spoegwolf, Deon Meiring, Frieda van den Heever, Gert Vlok Nel en baie ander wat inheemse musiek vertolk en lewendige musiek uitvoer. En natuurlik ook gevestigde ouer kunstenaars, soos David Kramer, Laurika Rauch en Coenie de Villiers.
Dis my tuiste, dis my dorp. Laventelhuisie is ’n historiese vissershuisie met dik klipmure, maar soos dit op die kus gebeur, hou dakskroewe nie vir honderde jare nie en in die winterreënseisoen was dit ’n nagmerrie. Ek het dikwels vir mense gesê dat as ek ooit ’n reënmeter sou wou opsit, sal reg bo die televisie die beste plek wees. Maar ná die chaos gaan daar heerlike (en droë) orde wees.
Ek is baie lief vir die Overstrand en sy mense, en Laventelhuisie kry ’n nuwe dak en ekstra leefruimte bo sodat die uitsig oor die hawe en die diepblou dam nog mooier gaan wees.
Met die klank van bouers wat ek op die oomblik daagliks moet verduur, sal stilte eersdaags ’n wonderlike ervaring wees. Ek hou van die klank van stilte en kreatief gesproke, ervaar ek dit as uiters aangenaam. Ek weet van skrywers wat in ’n bus of besige straat op ’n bankie kan sit en skryf, maar ek is nogal aandagafleibaar en stilte om my werksruimte is vir my ’n vriend.
Ek is ’n sanger/liedjieskrywer, maar as ek ’n ander beroep sou wou nastreef, sou dit liedjieskrywer/sanger gewees het! Ha-ha! Willie Nelson het op ’n tyd gesê: “Music still beats working.”
Ek dink nie ek sou die pak klere en das-ding kon gedoen het nie, dit sou seker iets anders in ’n kreatiewe rigting gewees het. Ek sou graag wou skilder, maar het geen talent daarvoor nie. Ek sou ook baie graag iets soos die Asterix-tekenprent wou uitgedink en geteken het.
Tik Tok (Die ballade van Klasie van Staden) is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Laai dit hier af.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…
Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…
Genoeg vir 4 Bestanddele 400 g heel patat in die skil (gebruik geel patats,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.