kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Angelique Gerber oor haar nuwe ‘wilde’ rol op Diepe Waters

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die skitterwêreld van die Suid-Afrikaanse TV-bedryf val die kollig deesdae weer op Angelique Gerber. Angelique kan tans as die vreeslose moeilikheidmaker Lucy in die treffer-telenovelle Diepe Waters gesien word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dit is die beste gevoel ooit! Ek was so gelukkig toe ek die rol gekry het,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy is binnekort ook in ’n nuwe rol as aanbieder van kykNET se oormaakprogram, Stralend, te sien. Deelnemers gaan die geleentheid kry om ’n nuwe en beter weergawe van hulself te word en hul voorkoms radikaal te verander.

“Ek wil die vrou ontmoet waar hulle tans is, en nie te groot veranderinge aanbring nie, maar eerder hulle inspireer om hul innerlike skoonheid wat hulle uniek maak, te vier. Stralend gaan nie fokus op gewigsverlies nie, want dit dra die boodskap oor dat jou geluk van ’n spesifieke gewig afhang. Ons gee wel wenke vir grimering en styl, maar die uiteindelike doel is selfaanvaarding, selfliefde en respek vir jou eie uniekheid,” sê Angelique.

Die grimeerkunstenaar Francois de Klerk, beter bekend as Fafa, sal aan Angelique se sy staan as Stralend se stilis.

Angelique se ambisies stop egter nie daar nie; sy is ook in die proses om haar eie gesonde leefstyl-toep, PocketLifestyle by Angelique Gerber te ontwikkel, wat ’n unieke mengsel van welstandsinsigte oor veral fiksheid, geestesgesondheid en gebalanseerde maaltye sal insluit.

Karlien Meiring het meer by Angelique gaan uitvind.

Was daar enige spesifieke aspekte van Lucy se persoonlikheid of storielyn wat jy veral interessant of uitdagend gevind het om uit te beeld?

Sy is nie bang vir uitdagings nie: Hoe groter, erger en gevaarliker, hoe beter. Ek dink aan die nagevolge van elke keuse wat ek maak, maar nie Lucy nie. Sy is wild, vry en lewe in die nou – ek is baie meer gereserveerd en maak altyd planne vir die toekoms.

Wat kan kykers van haar storielyn in die komende episodes verwag?

Sy en Rose het weer ’n gesprek … Gaan dit Lucy finaal wegstoot of sal sy uiteindelik haar familie terugkry? Mmm.

Baie geluk met PocketLifestyle by Angelique Gerber wat op pad is! Wat het jou geïnspireer om hierdie toepassing te skep en wat kan gebruikers verwag?

Baie dankie! Dit gaan ’n leefstyl-toep wees, wat jou sal help om gesonder keuses te maak, as dit kom by eet en selfs hoe jy dink. Ek wil mense inspireer om nie perfek te probeer lewe nie, maar om gesonder keuses te maak omdat hulle hulself lief het en gesonder wil lewe. Dit sal eet- en oefenprogramme insluit en ook elke dag ’n inspirerende boodskap bevat om gebruikers aan te moedig om werklik na hul geestestoestand om te sien.

Wanneer voel jy op jou mooiste?

As my kinders my komplimenteer en as ek geestelik op ’n goeie plek is, dan val alles sommer vir my in plek.

Wat is die waardevolste les wat jy in die vermaaklikheidsbedryf geleer het?

Om ’n baie dik vel te ontwikkel. Mense sal altyd menings hê en dink hulle ken jou of jou situasie.

Lees ook: Eish! Onverwagse wending toe Runet self besluit om huis toe te gaan

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

23 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

23 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.