kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4×4-avontuur met die bekende 4×4-spesialis, André de Villiers. Hy het al meer as ’n miljoen kilometer se 4×4-paaie gery en het jare se ondervinding as 4×4-instrukteur, Safari-gids, en voertuigontwikkelings-ingenieur. Die derde seisoen van 4×4 met André is weereens ’n moet-kyk omdat hy kykers nie net wys hoe om die beste uit hul 4×4-voertuie te kry nie, maar ook hoe om hulself toe te rus vir lang,stowwerige paaie en kampering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die jongste reeks van hierdie opwindende program neem kykers om die skouspelagtige Ais/Ais-Richtersveld te verken, duine langs onverkende Namibiese kuslyne te ry, en vindingryke boere wat binnelandse plaas-hindernisse trotseer, te leer ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer by André oor sy jongste avontuur gaan uitvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Tankwa Karoo is ’n baie gewilde bestemming en boonop is dit die plek met die tweede meeste 4×4-geesdriftiges in die Wes-Kaap. Dit was dus ’n ideale geleentheid om hulle lus te maak vir hierdie 4×4-avontuur op hul voorstoep.

Ons het ook vir die eerste keer die nuwe Bush Lapa-karavane wat in die Paarl gemaak word, saamgesleep en wou eers seker maak dat hulle reg is vir die 4×4-roetes wat ons gaan aandurf. Ons het vinnig agtergekom hulle wel van uitstekende gehalte, goed ontwikkel en goed vervaardig is. Dis verseker die beste 4×4-karavaan om op jou 4×4-tog saam te neem.

Ons kon met gemak die roetes aanpas om uiteindelik by Luderitz in Namibië uit te kom. Daar is ’n hele paar nuwe konsessie gebiede in Namibië se suidwestelike gedeelte wat nog nooit verfilm was nie, want dit was vir al die jare deel van die Sperrgebiet wat nie oop vir die publiek was nie. Dis mos altyd lekker om nuwe plekke te ontdek, jy voel kompleet soos ’n ontdekkingsreisiger wanneer jy daar inry. Namibië se mooi landskappe en sandduine is ’n groot trekpleister vir my, dis een van die mooiste, ongerepte lande.

Alles van die verfilming was ’n onvergeetlike ervaring, want ek is altyd opsoek na unieke, ongerepte gebiede wat nog nooit verfilm is nie. Hierdie seisoen was geen uitsondering nie. Ons span het plekke besoek wat in 35 jaar nie deur die publiek verken is nie, dis iets besonders om in persoon te beleef en op kamera vas te lê.

Daar was baie uitdagings; soos die vasval in duine met die karavane en dan jouself te moet uitgrawe net om oor ’n paar 100 meter weer vas te val. Ek het ook op ’n boer se plaas ’n roete verkeerdom gery wat selfs die boer nog nooit aangedurf het nie, want dis eenvoudig te moeilik vir mens en masjien. Jou adrenalien pomp terwyl jy belangrike besluite moet neem oor hoe om die ongelooflike moeilike hindernis aan te pak sonder om die voertuie te beskadig. Die tevredenheid wat jy ervaar as jy dit regkry, bly ’n onvergeetlike ervaring!

Dis altyd vir my belangrik om passievolle kundiges in te sluit wat hul vakgebied die beste ken en hul jare se ondervinding met die kykers kan deel. Ek’s ’n ervare 4×4-spesialis en sal enige roete met gemak kan aanpak, maar dis baie meer insiggewend om iemand plaaslik, soos ’n natuurliefhebber-toergids, saam te neem en met hul kennis van die gebied verryk te word. Ons poog altyd om meer te sien, meer te leer en nuwe dinge te ontdek. Dit hou jou opgewonde oor die lewe en laai jou batterye.

Eks ’n baie praktiese mens en hou daarvan om my magdom 4×4-kennis aan ander oor te dra sodat hulle nie in strikke trap nie. Ek het al baie foute in die hierdie bedryf raakgesien en kon regstel as gevolg van my ingenieurs- en voertuigontwikkelings-agtergrond sodat die publiek daarby kan baat vind. Met my ontwikkelingsagtergrond kon ek in 1993 ’n prototipe 4×4-voertuig deur Afrika tot in Europa toets. Dit het my passie vir 4×4-avonture ’n ekstra hupstoot gegee. Daarna het ek ’n 4×4-winkelgroep besit en my kennis van 4×4 verder uitgebrei en ook die publiek se struikelblokke raak gesien. Toe ek tydens safaris en meer met 4×4-opleiding begin het, kon ek my ingenieurskundigheid met mense deel wat nie prakties is nie en nie 4×4 verstaan nie. Ek kan vandag terugkyk en besef dat ek geensins vir ’n 4×4-avontuur terugstaan nie, want ek kan myself baie goed met meganiese en elektriese probleme help wat in die bos en afgeleë plekke kan opduik.

Die heel belangrikste is om dit te geniet en nie te sukkel nie, dus moet jy verkieslik weet wat jy doen en ook ’n voorliefde vir die natuur hê. Leer by iemand wat weet deur ’n ordentlike 4×4-kursus van ’n kundige persoon by te woon. Daarna moet jy soveel moontlik oplees uit betroubare bronne om jou kennis te verbreed.

Die regte toerusting is ook belangrik om dit vir jouself gemaklik te maak, dit moet nie ’n las wees nie.

Ek bied 4×4-kursusse aan, is baie kundig met jare se ondervinding en deel graag my kennis. Belangstellendes kan my gerus via my webwerf www.Andre4x4.co.za of Facebookbladsy kontak.

Die nuwe seisoen van 4×4 Met André is vanaf Maandag 8 Julie 17:30 teurg op kykNET.

Lees ook: Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

2 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

2 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

3 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

5 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.