kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die nuwe jaar het met ’n komiese knal afgeskop, met die jongste seisoen van Magda Louw wat die skreeusnaakse Mandri Sutherland as die vrysinnige Delere aan kykers voorgestel het. Sy sluit aan by die chaos as Magda en Erhard se seun, Baltus, se boheemse meisie en voeg ’n ekovriendelike kinkel aan hul onverwagte saamwoon, wat Magda se wêreld effens omkeer …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf

Mandri het ook verlede jaar Maandagaande in die komedie Taktiek op kykNET met haar rol as Mignon opgehelder. Mignon het die kommunikasie vir ’n sekuriteitsmaatskappy in die land se kleinste, veiligste dorpie op haar eie tyd bestuur. Mandri was ook in die kortfliek Koors, wat by die Silwerskermfees vertoon is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf

Aan die voorpunt van Mandri se rolle as aktrise, is egter haar eenvrouteaterstuk, Vrou ens. ’n bewys van haar vermoë om storievertelling met buitensporige karaktervertolking te meng. Die stuk delf in die lewens van vroue wat haar gedefinieer, gekritiseer, geïrriteer en geïnspireer het. Die karakters kom uit Mandri se eie pen en sy geniet dit gate uit om Tannie Elsie (wat bekend is vir haar “Hallo Sussa”-video’s op Instagram), Mariette se ma, die bodybuilder Verna Koekemoer, en die healer Luna in dié stuk uit te leef.

Foto: Bernard Brand

Volgens Mandri het sy van haar vroeë dae af skuiling in die kuns van storievertelling gevind.

“Ek onthou hoe ek vir Georgina, die vrou wie my help grootmaak het, gedwing het om na my uitbeeldings van Whigfield, Chris de Burgh en Dana Winner, te luister – ek het natuurlik elke optrede met skriflesing en gebed begin,” vertel sy.

Dankbaar vir die invloedryke figure wat die grondslag vir haar lewenslange liefde vir die verhoog gelê het, erken Mandri haar oupa se manier van stories vertel, haar ouma Cato wat haar gereeld saam na vertonings en konserte geneem en haar ouers, wat haar liefde vir drama ondersteun het, het na haar besluit gelei om haar kuns by die Universiteit Stellenbosch verder te slyp.

Karlien Meiring het meer oor die veelsydige Mandri gaan uitvind.

Hoe anders is dit om alleen op die verhoog teenoor om voor die kameras saam met ’n ensemble van akteurs te staan?

TV en teater is twee heeltemal verskillende kante van toneelspeel. As ek alleen optree, is dit net ek – ek besluit in die oomblik self waarheen die stories gedryf word, ek kry ook die geleentheid om te improviseer en dit beïnvloed niemand anders nie.

As ek saam met ’n ensemble werk, is daar steeds vryheid, maar daar is ook soveel tegniese faktore wat ’n rol speel dat jy nie net aan jouself kan dink nie. Jy is slegs een deel van die legkaart, nie die hele legkaart nie. Ek geniet dit ewe veel om albei te doen.

Foto: Verskaf

Wie en wat laat jou lag?

Ek het vriende wat my ongelooflik lekker kan maak lag. My goeie vriend, Len-Barry, laat my huil van die lag. Sekere video’s van Afrikaanse smaakmakers laat my baie lag. Nee, ek gaan nie name noem nie.

Met watter van jou karakters identifiseer jy die meeste, en hoekom?

Ek verstaan my karakters, maar ek identifiseer nie soseer met hulle nie. Dis bloot ’n uitbeelding van projeksies en waarnemings van stereotipes wat ek al teëgekom het. Party van die karakters kom al ’n lang pad, hulle is steeds relevant, maar al “gebore” toe ek baie jonger was.

Het jy enige voornemens vir 2024?

Ja, ek het! Ek wil graag dit waarmee ek besig is, uitbrei en groter optredes doen.

Ek wil ook die jaar probeer om een keer oorsee met my eenvroustuk te gaan. Dit lyk of ons Amsterdam toe sal kan gaan. Ek hou duime vas!

Wat sal mense van jou verbaas? Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore vermaak of skryf nie?

As ek nie werk of skryf nie, wat op die oomblik baie min is, is ek seker maar soos elke ander vryskutakteur: op die strand, in die water, op my bed met ’n boek, of op ’n video call met my ma. Skryf is deel van my lewe, ek kan nie só lekker stilsit en niks doen nie, ek werk nog daaraan.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-ontwerper Salomie du Plooy

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

11 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

11 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

12 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

15 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.