“Toe die Suidooster-produksiespan vir my noem dat hulle ’n storielyn vir Suzie rondom sang (en ’n potensiële liefdesbelangstelling) skryf, het ek gedink dis die ideale tyd om my eerste enkelsnit vry te stel,” vertel sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Volgens Natasha gaan dit alles oor tydsberekening en daar is “geen beter tyd as nou nie”.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Haar debuut-enkelsnit het “’n opgewekte, elektroniese pop-gevoel, maar is nie noodwendig ’n gelukkige liefdesliedjie nie,” sê Natasha en voeg by: “Dit is eg, eerlik, opreg en outentiek. Ek hoop dit raak ’n paar hartsnare.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: Mia Liebenberg
Karlien Meiring het meer oor die veelsydige brunet se nuwe hoofstuk gaan uitvind.
Ek dink my liefde vir vermaak het op ’n jong ouderdom begin. Ek het op die ouderdom van drie begin dans en as kind altyd daarvan gehou om op te tree. Ek het gedurig in my kamer gesing en gedans; dit was ’n ontsnapping en uitlaatklep. Ek was wel redelik skaam as kind wanneer dit by kunswedstryde gekom het, maar toe ek eers in die groove van dinge kom, het ek baie mededingend geword.
Die emosies en temas wat ek met my musiek verken, is liefde, verlies en verhoudings, of dit nou vriendskap, familie of romanse is. Ek word ook deur dinge geïnspireer wat ek oor die jare waargeneem het. Die inspirasie vir “Hou My Vas” het van my karakter se storielyn in Suidooster en ook my persoonlike ervaring binne ’n verhouding gekom. As jy bietjie delf, duik die liedjie in dieper temas van liefde en verhoudings in. Die liedjie stel die swaar vraag: Is liefde genoeg?
Die lirieke gaan oor ’n vrou wat wonder of haar kêrel se liefdevolle woorde werklik soveel beteken as wat hy sê.
Ek is uitsonderlik geseënd omdat ek dikwels gevra word wat my passies en my stokperdjies is, maar ek glo werklik dat my werk my passie is en ek het nie veel tyd vir iets anders nie. Ek hou daarvan om tyd saam met vriende te deur te bring en te reis. Ek is versot op nuwe plekke en ervarings.
Dit sou lekker wees as ek meer tyd daarvoor gehad het, maar meestal werk ek. Dit bestaan uit sing, dans en toneelspel. Ek kry nie kans om myself besig te hou met ander dinge nie, maar ten minste geniet ek wat ek doen, so dit maak die lewe baie meer aangenaam!
Sjoe! Internasionaal, sal ek graag met veral P!nk wil werk. Ek bewonder haar. Sy is epic!
Op ’n Suid-Afrikaanse vlak, sal ek graag met iemand soos Karen Zoid wil saamwerk. My lys is redelik lank – ons het ’n ongelooflike hoeveelheid talent in hierdie land!
Daar is so baie wat ek nog wil bereik. Ek sal graag by “Afrikaans is Groot” en sulke groot musiekfeeste wil optree. Aan die einde van die dag is ek lief vir optree, maar die belangrikste vir my is om ’n impak te maak of iemand te beïnvloed.
As ek ’n inspirasie op en van die verhoog af kan wees, of ’n verskil in iemand se lewe kan maak, hoop ek dat ek dit met my musiek kan doen. Dit is die belangrikste vir my: om net regtig goeie musiek te maak, myself te kan uitdruk en hopelik ’n storie te kan vertel wat mense se lewens raak. Natuurlik sal ek ook graag internasionale toere wil doen en my musiek oorsee wil neem …
Volg Natasha op Instagram!
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met gesondheidsentrepreneur en leefstylafrigter Uleen Fourie
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.