kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag aan Hannon Bothma oor ‘Glam Guru’ se nuwe seisoen

Glam Guru, wat moontlik gemaak word deur GoBusiness en Sally Slimming Studio, beloof om soos weer eens kykers te inspireer soos ’n aspoestertjieverhaal voor hulle afspeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hannon vertel meer oor die nuwe seisoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom is Glam Guru so gewild?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek sou sê vir twee redes. Mans en vrouens, ons kykers, hou van die Aspoester-verhaal waar enigiemand die potensiaal het om totaal te transformeer, asems weg te slaan en dan ’n beter geleentheid te kry as gevolg van daai hupstootjie wat ‘n nuwe voorkoms vir jou gee.

Die ander rede hoekom Glam Guru so immer-gewild is, is omdat ons gebruik maak van wenke en produkte wat gewone mense kan bekom. Ons maak gebruik van deelnemers waarmee die kyker kan identifiseer.

Ons spreek baie spesifieke voorkoms-uitdagings aan waaruit mense nog elke keer kan leer.

En dan natuurlik, Glam Guru gee hoop aan gewone mense. Jy weet, in ons wêreld is dit somtyds baie moeilik om wat rondom ons gebeur, te beheer. Die een ding wat ons wel kan beheer, is ons voorkoms. Jy kan in die oggend opstaan en besluit ek gaan my hare kam, of nie. Ek gaan ’n lipstiffie aanwend, of nie. Deur jou voorkoms te beheer, gee jy jouself ’n beter kans om ook jou uitdagings te beheer.

Grimering is ’n kitsoplossing om enigiemand gesonder te laat lyk. So, op ’n dag wat jy emosioneel of fisies moeg voel, kan vrolike kleure die kitsoplossing wees deur byvoorbeeld net ’n helder kleur lipstiffie of ’n blosser aan te sit. Jy kyk in ’n spieël, jy lyk vir jouself gesonder en dan maak jy ’n kopskuif, want as jy gesonder en meer energiek lyk, dan voel jy ook so.

Wat is nuut en anders aan hierdie seisoen?

Ons luister na ons kykers wat vir ons vertel wat hulle graag wil sien. En vir jare het ons al versoeke van wonderlike kykers gekry wat graag wil hê dat ons manlike kandidate moet transformeer. In hierdie reeks het ons besluit dit is presies wat ons gaan doen. So, ons kyk na die uitdagings van mans.

Ons leef in ’n meer gesofistikeerde samelewing waar mans meer modebewus raak, waar hulle ook wil kyk na velsorg, waar hulle hul gereeld wil transformeer ten opsigte van baardpatrone. Ons het ’n barbier gekry wat saam met my die mans adviseer ten opsigte van watter baardpatroon sal pas by watter gesigsvorm, hoe om jou baard te versorg, hoe begin jy om ’n baard te groei, ens.

Die volgende aspek wat verander het in Glam Guru: kykers het vir ons gesê hulle wil graag self sien waar die kandidaat self hul gesig behandelings doen.

Wanneer ’n mens gewoonlik na ’n skoonheidsalon toe gaan en ’n gesigsbehandeling kry, raak ons dikwels aan die slaap. So, ons weet nie wat die terapeut op ons gebruik het nie. Met hierdie reeks sit ek en Christine Steynberg van Sally Slimming Studio en ons adviseer die persoon ten opsigte van  haar vel. Al haar produkte is voor haar uitgepak en sy doen haar eie gesigbehandeling met ons stappe.

Watter raad het jy vir mense wat beter na hulself wil omsien?

Balans is een van die moeilikste dinge om te handhaaf, maar ek dink ’n gebalanseerde lewenstyl is die geheim om so lank as moontlik  jonk en gesond te bly.

Maak tyd om  jou lewe te vul met ’n paar aspekte:

  • Die een is natuurlik familielewe en vriende. Jy moet dit hê want dan raak die lewe vir jou lekker.
  • Jy moet tyd maak vir oefening en na jou dieet kyk.
  • Jy moet tyd maak vir ’n goeie velsorgroetine. Begin aanvanklik met ’n basiese velsorgroetine en dan kan jy begin om anti-verouderingskomponente soos serums by te voeg,
  • Raak bewus van wat rondom jou gebeur en omhels verandering. Net so aanpasbaar soos wat ons met tegnologiese veranderinge is, so  ingestel moet ons op mode-tendense wees.
  • Jy kan jouself altyd jonger laat lyk en geestelik jonk hou deur jouself met visuele nuwe dinge te omring.

Watter deel van Glam Guru is vir jou die lekkerste?

Ek moet sê daar is nie ’n aspek wat nie vir my lekker is nie, maar my  hoogtepunt van Glam Guru is die vreeslike lekker gees wat heers wanneer die kandidaat arriveer en  hoe die hele span saam werk om die beste resultate aan die einde van die dag te behaal.

Daai gevoel van kameraderie is vir my die lekkerste aspek.

Lees ook: 8 Dinge wat jy móét weet voordat jy jou hare blond kleur

Wat is die belangrikste lesse wat jy die afgelope paar jaar by Glam Guru se deelnemers geleer het?

’n Baie belangrike les wat ek geleer het, is dat goeie tye kom en gaan. Baie dikwels ry jy die hoë golf en die volgende oomblik word jy platgeslaan deur dinge waaroor jy geen beheer het nie. Wanneer jy in ’n laagtepunt in jou lewe is, moet jy weet dat jy nie altyd in daai gat gaan lê nie. Die lewe gaan weer positief vir jou draai. Ek weet dit omdat ek kontak met Glam Guru-kandidate hou en dikwels hoor hoe die rede hoekom hulle op Glam Guru verskyn het, later in ‘n beter situasie verander het.

Die ander ding is ook dat as jy positiewe momentum in jou lewe wil aktiveer , dan moet jy dit sélf doen. Jy moet self opstaan in die oggend en besluit van vanoggend af gaan ek begin met ’n velsorgroetine of met ’n oefening. En dan moet jy dit volhou. Niemand betaal jou huur behalwe jy sélf nie. En jy moet in die spieël vir jouself staan en kyk en sê ‘ek lyk vandag die beste hoe ek hoegenaamd kan lyk’.

Glam Guru word van Donderdag 3 Oktober om 17:30 uop kykNET (DSTV-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Terug in die kollig: Heléne Lombard in ‘Binnelanders’as Rentia Smit te sien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

6 hours Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

11 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

12 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

1 day Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

1 day Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.