kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae met Amalia Uys oor die aksiebelaaide Plan B-reeks

Maak gerus Plan B jou “Plan A” vir moet-kyk-vermaak as jy nog nie het nie, dis nou op DStv Catch Up beskikbaar. Hierdie Deon Meyer-verhaal, wat deur Ocean’s Eleven en The Italian Job geïnspireer is, het kykers die afgelope vyf weke op ’n avontuur vol aksie en spanning geneem, maar bied ook ’n gesonde dosis humor en hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bekroonde Tertius Kapp het die draaiboek geskryf, terwyl Jozua Malherbe die regie behartig het. Dit speel af teen die glansryke agtergrond van Kaapstad en Stellenbosch en die reeks spog met ’n sterrolverdeling, wat onder andere Arnold Vosloo (wat al 33 jaar in Hollywood werk), Armand Aucamp, Tim Theron, Rolanda Marais, Dorette Potgieter en André Jacobs insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die aksiebelaaide dramareeks word as ’n caper beskryf – ’n genre waar misdaad betrokke is, maar met ’n ligter aanslag en ’n storie vol avontuur, kwinkslae en sjarmante skurke.

Amalia Uys neem die voortou as die tawwe koekie-boekwinkeleienaar, Ragel Bergh wat uit haar erfporsie deur die die sexy, slinkse Joshua Lansky (Armand Aucamp) bedrieg word. Alles lyk vir haar verlore, maar dan kruis haar paaie met dié van Ivan Malan (Tim Theron) en sy vennoot, Paul Schmidt (Arnold Vosloo) via ’n kunswaardeerder (Dorette Potgieter), en hulle span saam om iets te kry wat al drie se probleme sal oplos: die Vlammemeisie, ’n skildery deur die meesterskilder Vermeer ter waarde v

Alliansies word gevorm, geheime word onthul en jy word aan die lag én op jou tone gehou.

Karlien Meiring het meer oor die aksiebelaaide dramareeks by Amalia gaan uitvind.

Daar word deesdae soveel sterk, vroulike karakters in plaaslike en internasionale reekse en films uitgebeeld. Ek dink Ragel is gutsy in die sin dat sy eintlik betrokke raak by iets wat nie heeltemal wettig is nie, maar die gereg stel teleur en sy vertrou haar nuwe span. Kykers moet alles met ‘n knippie sout vat, maar dit is altyd verfrissend om ‘n karakter te speel wat nie bang is om vir haarself op te staan nie. Dis ‘n lewensles wat ons almal daagliks kan toepas, natuurlik sonder om die wet te oortree en met vuur te speel!

Ons is altwee nogal nerdy en adrenalien-junkies!

Ek is mal oor lees en letterkunde. Ek het nie een gunstelingboek nie, maar ek het onlangs ‘A Hundred Years of Solitude’ gelees en was mal daaroor!

Om die teks soms op die vloer verder te kon ontwikkel. Ons het redelike vryheid gehad om aan tonele te bou en skaaf totdat dit lekkerder in die karakters se mond gesit het. Deon,Tertius en Jozua het ons heerlik daarmee ondersteun!

My werk! Dit maak alles moontlik. Perdry, paaldans, skubauik, surf, vinnige karre bestuur en gewere afvuur. You name it, my karakters doen dit! As ek nie werk nie is draf, joga en koue water swem deel van die pret.

PLan B is op Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Nuwe e.tv-telenovella: Daar was nog nooit ’n boerefamilie soos dié nie!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.