kategorieë: Reis

Vyf-ster bestemming vir die hele gesin

Die vyf-ster gegradeerde Kuzuko Lodge is ’n kindervriendelike bestemming waar ouers kan ontspan terwyl kinders pretprogramme volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is sowat 170 km vanaf Port Elizabeth, maar aangesien die laaste deel van die pad moeilik is vir motors, parkeer voertuie by ontvangs en word gaste met wildbesigtigingsvoertuie na die lodge vervoer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gaste word begroet met ’n verwelkomingsdrankie op die uitkyk-dek. Onder jou kan jy die dakke van die individuele chalets en die 15 000 ha van Kuzuko die eiendom sien. Dit is geleë in die noordelike deel van die Addo Olifant Nasionale Park.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 24 chalets is uiters luuks, elk met ’n private dek met ’n pragtige uitsig oor die Groot 5 park. Alle kamers het en-suite-badkamers, ’n mini-kroeg, tee / koffie, televisie, telefone, radio, Internet en data-kabelpunte. Daar is ’n slaapbank vir twee kinders.

Etes word vars voorberei en kinders kan van ’n spesiale spyskaart bestel. Die spyskaart vir volwassenes het ’n wye verskeidenheid keuses van seekos tot vegetariese geregte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is ’n standaard twee-nag-pakket vir twee volwassenes (met of sonder kinders – onder die ouderdom van 12). Dit sluit etes en twee aktiwiteite daagliks in. Aktiwiteite sluit in jagluiperd-roete, wild-ritte en verkenning van ’n Khoisan-grot. Almal kan vir ’n luukse gesondheidsbehandeling van 30 minute geruil word.

Kinders van alle ouderdomme is welkom op wild-ritte. Daar is programme waaraan kinders kan deelneem. Jy kan kinders inskryf vir die junior veldwagterprogram. Daar is ook ’n program waarop kinders plante en goggas bestudeer. (Terwyl jy ’n gesondheidsbehandeling geniet, kan oppassers na jou kinders kyk.)

Kuzuko is die tuiste van ’n groot verskeidenheid wild.

Daar is iets vir almal by Kuzuko Lodge. Waarvoor wag jy? Bespreek nou vir jou gesin!
Navrae: www.sanparks.org

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

16 mins Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

13 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

24 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.