kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vyf stappe om verkoue te beveg

Hier is raad om verkoues en griep te beveg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Eet meer vrugte en groente

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Groente bevat vitamiene en minerale wat jou immuunstelsel opbou. Vrugte en groente wat vitamien C bevat soos rooi en groen soetrissies, donker groen groente soos kool, kiwi, pynappel, mango, broccoli, aarbeie en lemoene help jou teen verkouekieme baklei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Slaap meer

Wanneer jy slaap, ontspan jou liggaam en herstel homself. Te min slaap kan jou immuniteit laat afneem.

3. Was jou hande deeglik!

Kieme kan vir ure aan deurhandvatsels, roltrappe, ligskakelaars en speelgoed klou. Moedig gesinslede om hul hande te was as hulle by die huis kom, voor elke ete en veral na speeltyd. Gebruik ontsmetmiddels vir hande as warm water en seep nie beskikbaar is nie.

4. Oefen

Dis moeilik om op koue, donker wintersoggende op te staan vir oefeninge, maar dit is belangrik om jou oefenroetine in die wintermaande te handhaaf. Gereelde matige oefeninge versterk en ondersteun jou immuunstelsel. Stap 20 minute elke dag en langer ente oor die naweke om vars lug in te neem en oefening te kry.

5. Drink ’n immuunversterkende aanvulling

Spesifiek een wat virale infeksies bekamp. Kies een met aktiewe bestanddele, soos Vitamien C en Echinacea. Dit kan jou liggaam beskerm met anti-inflammatoriese bestanddele en antioksidante.

Lees ook: Divertikulitis: meer as net maagpyn

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

3 minutes Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

17 minutes Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

39 minutes Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

47 minutes Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

1 hour Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.