kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf redes waarom ‘Een keer om die son’ ‘n moet-kyk is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Een keer om die son is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos Pad na jou hart, Stroomop en Blindelings, se eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films vervaardig het. Ivan is die regisseur van Een keer om die son, en hy en Donnalee is medeskrywers van die reeks saam met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger. Donnalee is ook as Amé Cloete in die reeks te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In daardie twaalf maande kan geweldig baie, bitter én soet, gebeur.

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hulle lewe uit. Daar is ook terugflitse om te wys hoe hulle beland het waar hulle is. Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jarige Leandri, en Sophia wat 8-jaar oud is. Amé Cloete is Ruan se suster en ’n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete, die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian, ’n insekkunde-professor, en Elma, besit ’n tuisnywerheid.

Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag…

Jacques Bessenger is dr. Ruan van Wyk, ’n neurochirurg. Jana Kruger is Lani van Wyk, Jacques se vrou en ma van hulle drie kinders. Liam Bosman is Markus van Wyk. Hy is 17 jaar oud en in matriek. Alma van Heerden is Leandri van Wyk, 15 jaar oud en in graad 9. Klara van Zyl is Sophia van Wyk. Sy is agt jaar oud. Sy ontsnap in haar eie fantasiewêreld om sin te maak van wat om haar aangaan.

Donnalee Roberts is Amé Cloete, ’n 36-jarige hoof- uitvoerende finansiële bestuurder. Ludwig Binge is Joshua Cloete (38), die eienaar van ’n galery en ’n kurator. Albert Maritz is prof. Sebastian van Wyk (67), ’n professor in entomologie (insekkunde) en Ruan en Amé se pa. Joanie Combrink is die 67-jarige Elma van Wyk, Sebastian se vrou en Ruan en Amé se ma. Sy besit ’n tuisnywerheid.

Susanne Beyers en Pierre van Pletzen is Salie en Jan Wessels, Sebastian en Elma se goeie vriende. Alex van Dyk is Xavier, 17 jaar oud en in graad 11. Hy is die cool kid op skool, steur hom glad nie aan reëls nie en het ’n oog op Leandri. Ander spelers sluit in Simone Neethling as Charlie, die leier van die dansgroep, Lee-Ann van Rooi as dr. Beth Hendricks, hoof van neurochirurgie, Adriaan Havenga as dr. Jean Petersen, wat besig is met sy opleiding as neurochirurg, Bennie Fourie as Coach Cilliers, Antoinette Louw as Juffrou Marianne, Sophia se graad 2-juffrou, en Amalia Uys as die kunstenaar Sage Jones.

Die hoof van die onderskeie spanne agter die skerms is Eduan Kitching (kinematografie), Igshaan Mohamed (beligting), Sebastian Scheepers (klank), Bathoni Robinson (kunsregie), Hanri Neethling (grimering) en Barbara Brasington (kostuums).

Een keer om die son speel af in die vier seisoene van die jaar en is in en om Kaapstad verfilm. Die kleurgradering van elke seisoen is aangepas om by elkeen van die seisoene te pas – met ander woorde, herfskleure vir herfs, grys en blou vir winter, sagte pastelle vir lente, en helder kleure vir somer. Die natuur en natuurelemente speel ’n belangrike rol in die reeks.

KYK: Amptelike voorskou – Een keer om die son

Een keer om die son begin vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.

Donnalee is op die voorblad van ons Julie-uitgawe en gesels met ons oor die groot 40, die lesse wat haar kinders haar leer en hierdie opwindende nuwe reeks.

“Die idee is om gesinne weer voor die TV te laat kuier, soos toe ons kinders was. Daar is karakters vir elke generasie en ’n gesin wat jy op Oujaarsaand ontmoet en dan vir 12 maande saam om die son reis. Ons hoop kykers sal uit hul maag kan lag en uit hul harte kan saamhuil,” vertel sy in ons jongste uitgawe.

Gaan kry jou tydskrif vandag nog!

Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.