Dis asof kinders – van watter ouderdom ookal – met vet gesmeer is. Jy dink nog jy kan ’n bietjie met hulle gesels, dan is hulle op pad om iets anders te gaan doen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar jy kan slim wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kyk watter van die volgende wenke vir jou werk:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jou kind nog nie sy eie kar het nie, het jy ’n “captive audience”. En as hy klein genoeg is, kan jy munt slaan uit die rit skool toe en terug. Verban enige aktiwiteit wat oorfone verg; jy kan natuurlik sy gunstelingmusiek speel of dit afwissel met joune, solank dit in die agtergrond is.
Party mammas vleg aktiwiteite soos tafels oefen tussen die geselsies deur. Dis nogal pret as die kinders verskillende ouderdomme is.
Lees ook: Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings
Lê jou kind voor as sy iets te ete gaan soek. Maak vir jou ’n koppie tee en knoop ’n geselsie aan.
Lees ook: Maak ’n kreatiewe kind groot
Min kinders sal nee sê vir ’n voetvryfie of ’n kopkrap – as hulle net eers daaraan gewoond is, kry jy dalk gereeld versoeke. Soms skep dit ’n lekker geselskans.
Dis belangrik om elke dag minstens ’n paar minute met elke kind te spandeer. Jy kan ’n kleintjie op jou skoot tel of saam op die vloer speel, by ’n laerskoolkind op die bank gaan sit na sy TV-program en gou gesels, of ’n ritueel met jou tiener hê om elke aand voor slaaptyd iets warms saam te drink.
Gereelde geleenthede vir gesels is goed omdat ’n kind nie altyd lus voel om oop te maak of iets te bespreek nie, maar die kans sal benut as dit nodig is.
Lees ook: Jy kan jou kind swaarkry help verwerk
Alle mense praat die graagste oor dit wat vir hulle belangrik is. Probeer uitvind waar jou kind se hart lê. As sy verlief is, moet jy dalk na eindelose stories oor die wonderlike geliefde luister, maar dis beter as stilstuipe! Dis natuurlik ook waar dat sommige kinders toeklap en nie wil praat nie. Dan moet jy maar genoeg ruimte gee.
Wees wakker vir wanneer jou kind ’n geselsie wil inisieer. Dis dalk moeilik om jou weg te skeur van dit waarmee jy besig is, maar dis die moeite werd om die kommunikasiekanale só oop te hou.
Begin ’n vraag met “wat” eerder as met “hoekom”. “Hoekom het jy dit aangetrek?” stel ’n kind op die verdediging. “Wat dink jy gaan die meeste kinders vanaand aantrek?” werk beter.
Luister geduldig en help ’n kind om te dinkskrum om antwoorde te vind eerder as om advies aan te bied, al is die versoeking ook hoe groot.
Lees ook: Voel jou tiener eensaam?
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…
Hierdie webwerf gebruik koekies.