Vyf koffie-alternatiewe wat jy moet probeer

Deur Jade Rhode. Foto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie opwindende alternatiewe word deur Healthline aanbeveel en bied ‘n uiteenlopende reeks geure, aromas en gesondheidsvoordele aan koffieliefhebbers en individue wat op soek is na unieke ervarings of hul kafeïen-inname wil verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Goue melk

Hierdie ryk, kafeïenvrye plaasvervanger, ook bekend as ‘n borrie-latte, bevat speserye soos borrie, gemmer, kaneel en ander bestanddele soos heuning en kardemom. Die byvoeging van borrie kan anti-inflammatoriese eienskappe hê, wat altyd ‘n pluspunt is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suurlemoen water

Hierdie drankie is kalorie- en kafeïenvry en verskaf ‘n voldoende hoeveelheid vitamien C wat ‘n rol in jou immuunstelsel speel en jou vel teen sonskade beskerm.

As jy nie te gretig is om suurlemoene by jou water te voeg nie, ruil dit vir komkommers, kruisement of basiliekruid.

Rooibostee

Oorspronklik van Suid-Afrika, is hierdie drankie kafeïenvry en het ‘n effense soet, vrugtige geur.

Dit is laag in tannien-antioksidante, wat voordelig kan wees, maar ook inmeng met ysterabsorpsie. Ondanks sy lae tannieninhoud verskaf rooibos ‘n aansienlike hoeveelheid ander antioksidante.

Sigoreikoffie

Net soos koffiebone, kan die sigoreiwortel gerooster, gemaal en gebrou word. Anders as koffie, is sigoreikoffie egter kafeïenvry.

Die drankie is ook ‘n ryk bron van insulien wat kan help met vertering, asook gesonde ingewande ondersteun deur die groei van voordelige bakterieë te bevorder.

Chai tee

Hierdie swart tee wat met sterk kruie en speserye gemeng is, het ‘n robuuste geur en bevat ‘n beskeie hoeveelheid kafeïen. Sommige studies het ook voorgestel dat swart tee geestelike waaksaamheid kan verbeter.

Lees ook: Gestoofde dadelpoeding

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

15 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

16 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

18 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

20 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

4 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.