Volhoubare tuinmaak vir ’n groener toekoms
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Suid-Afrika, wat stoei met waterskaarstes as gevolg van droogtes, klimaatsverandering en die munisipaliteit se mislukking om in basiese dienslewering te voorsien, moet waterwyse tuinmaakpraktyke gebruik om te help om hierdie kosbare bron te bewaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Tanya Visser is ’n bekende tuinpersoonlikheid wat beslis ’n hand met ’n plant het. Sy is ’n tuinier van formaat en maak weer vanjaar haar verskyning by East Coast Radio House & Garden Show. Sy meen ’n goeie manier om meer waterwys te wees, is om inheemse plante te gebruik wat by die plaaslike klimaat aangepas is en minder water nodig het om te oorleef.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Dit is noodsaaklik om waterwyse plante in ons tuine te prioritiseer om die gebruik van hierdie skaars waterbron te verminder, veral in streke met beperkte watervoorsiening.”
’n Gunsteling in menigte huishoudings, is die spekboom (Portulacaria afra – ook bekend as “olifant se kos”) is ’n vetplant wat water in sy blare berg. Dit is boonop ’n wonderlike plant wat koolstof berg en daar is bevind dat dit hoogs doeltreffend is om die impak van klimaatsverandering te versag.
Agapanthus (Agapanthus africanus) se blou-en-wit blomme vang die oog en dit word landwyd in tuine gevind. Hulle is droogtebestand en kan met min water oorleef, wat hulle die ideale keuse vir waterwyse tuine maak. Agapanthus lok ook bye en voëls wat van nektar hou, en daarom is dit ’n goeie keuse as jy wil hê hulle moet jou plante bestuif. Agapanthus is nie net ’n gewilde plant in Suid-Afrikaanse tuine nie, hulle het hul weg oor die wêreld heen gevind en kan in huise se tuine en parke gesien word. Die omvangryke kruisbestuiwing van hierdie plante het aanleiding tot die wonderlikste kleure gegee, van swart tot ’n fluweelpers.
Nog ’n waterwyse plant is die aalwyn (aloe ferox) wat goed in Suid-Afrika se droë weersomstandighede doen. Dit kort nie baie water nie en dit groei steeds goed in swakker grond. Die plant het helende eienskappe en word in tradisionele medisynes gebruik om ’n hele paar kwale soos aknee en skaafplekke te behandel. As die groot aalwyn nie vir jou is nie, kyk uit vir die meer kompakte aalwynhibriede. Hulle word nie geneties aangepas nie en word deur selektiewe teling en kruisbestuiwing geskep. Aangesien hulle kort en klein is, is hulle ideaal vir klein tuine en werk natuurlik goed in potte en bakke.
Die Kaapse heuningbos (Tecoma capensis) is ’n fynbossie wat vinnig groei en dit gee klosse buisvormige blomme in oranje en geel wat voëls en bye lok. Die Kaapse Heuningbos doen goed wanneer dit gesnoei word. Dis ’n gewilde keuse om heinings mee te maak.
Die kleurryke blomme van die Afrika-gousblom (Oseaospermum ecklonis), sal met sy skakerings van pers, pienk en wit in enige tuin uitstaan. Die Afrika-gousblom is nie net die beste keuse vir waterwyse tuine nie, maar dit is ook gewild in kliptuine en randakkers. Vlinders is mal oor die groot oop gesiggies van hierdie blomme.
Deur inheemse plante, wat tot die plaaslike klimaat aangepas is en minder water nodig het, te plant kan Suid-Afrikaners help om waterbronne te bewaar en sodoende tot ’n meer volhoubare toekoms bydra. Cairey Baxter-Bruce, die skoudirekteur van die East Coast Radio House & Garden Show, voeg by: “Om waterwyse plante by ons tuine in te sluit, is ’n noodsaaklike stap om seker te maak ons gebruik ons waterbronne op ’n verantwoordelike en volhoubare manier. Hierdie jaar is ‘My huis, my volhoubaarheid’ een van die hoofpilare van ons “My huis, my manier”-gespreksonderwerpe. Ons is opgewonde om te hoor watter ander wonderlike insigte en wenke Tanya Visser en ons ander tuindeskundiges of uitstallers, wat hul oplossings vir volhoubaarheid vertoon, met ons by die vertoning sal deel.”
Moenie die East Coast Radio House & Garden Show vanaf 1 tot 9 Julie 2023 by die Durbanse uitstalsentrum misloop nie. Vir meer inligting oor die East Coast Radio House & Garden Show, besoek die webwerf www.housegardenshow.co.za of volg hulle op Instagram en Facebook deur @housegardenshow te gebruik.
Lees ook: Maak tuin met min geld en min moeite
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.