kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier’s hoekom:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  • Kykers was in Augustus geskok toe Gys en Zelda uiteindelik hul liefde aan mekaar tydens ‘n lewensbedreigende situasie verklaar het. Die twee is verlief, maar nie almal is ewe bly vir hulle nie. Dis te verstane met hul geskiedenis, maar gaan hierdie persoon uiteindelik ‘n wig tussen hulle dryf?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Karla se hart was stukkend toe sy uitvind dat Chris nooit dieselfde oor haar sal voel nie. Maar saam met die geur van lente in die lug, is daar skoenlappers in haar maag wanneer Nelius se kleinseun by die swemklub aansluit.

  • Sy is nie die enigste een wat skoenlappers voel nie – Tommie het die skoot ook hoog deur, en nogal met ‘n meisie met die naam Tomi! Daar is net een probleem – Tomi het reeds ‘n kêrel…

  • Dit het geblyk asof Ben en Sanet se verhouding uiteindelik weer op koers is, ná die hele Leticia-petalje. Maar dan bars daar ‘n bom met ’n aankondiging van Ben af. Dit laat Sanet voor ’n kruispad, en sy weet nie watter kant toe nie.

  • Terselfdertyd sukkel Wim om die huis te verkoop, en worstel hy binne homself. Dit alles terwyl Rose reeds haar lewe in die Kaap begin het. Gaan Wim saam met Rose oor in die Kaap kan begin? Of is daar iets (of iemand) wat hom van plan sal laat verander?

Soms kan die keuses wat jy maak jou duur te staan kom. Hoe fataal gaan ‘n Diepe Waters-karakter se keuse in September wees?

Skakel Maandae – Donderdae 18:30 in op Diepe Waters op kykNET (DStv-kanaal 144) om uit te vind. Ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: 10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

18 hours Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

18 hours Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

18 hours Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

18 hours Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.