kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf blitsfeite oor kykNET se splinternuwe komediereeks, ‘Banana Air’

kykNET se spliternuwe komediereeks, Banana Air, begin op 30 September, en met Westel Produksies agter die stuur, kan kykers verwag om lekker te lag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is vyf interessante feite oor die reeks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Liane Heyl, wat die rol van die lugwaardin Hester speel, is ’n gunsteling wanneer dit by Willie en Pieter Esterhuizen van Westel kom. Sy het in 1996 haar buiging in Vetkoekpaleis as die kelnerin Boeboe gemaak en was daarna in van hulle ander reekse, soos Molly & Wors, Ouboet & Wors en Poena, te sien. Liane se tweelingsuster is die eNuus-nuusleser Genée Heyl.

2. Danielle Retief, wat die rol van Barbie Benadie speel, is die derde geslag in haar familie wat naam in die vermaakwêreld gemaak net. Haar ouers is die aktrise Karen Retief en die regisseur André Retief en haar oupa aan vaderskant was die regisseur en skrywer Betrand Retief. Betrand was, onder meer, die regisseur van Seun van die wildtemmer (1973), Mirage Eskader (1975) en Pretoria, o, Pretoria! (1979). Een van die hoofspelers in Pretoria, o, Pretoria was Zack du Plessis, wat in 1989 tot 1992 in die Esterhuizens se trefferreeks Orkney Snork Nie gespeel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Marcus Muller, die vlieënier Piston, se loopbaan voor die kameras het begin toe hy in 2006 as Mnr. Suid-Afrika aangewys is en hy die rol van Liam de Lange in Egoli: Plek van goud losgeslaan het. Hy was daarna ook in 7de Laan en Villa Rosa te sien.

4. Jai’prakash Sewram, wat te sien is as Rodney Reddy, die baas van Banana Air, is nie net ’n talentvolle akteur nie, maar ook ’n danser wat enigiets van ballroom tot Bollywood kan doen. Hierdie is nie die eerste keer wat hy saam met die Esterhuizens werk nie – hy was Neville Naidoo in die 2013-fliekweergawe van Molly & Wors.

5. Matt Stern het in 2004 sy groot deurbraak gehad in die reeks Plek van die vleisvreters. Hy was in flieks soos Invictus, Racing Stripes en District 9 te sien en in die twee seisoene van Huis Lelieveld as Dominee Dou Droel. Matt, wat musiekteater studeer het, is ’n talentvolle sanger wat al in verskeie musiekblyspele op die planke was.

Lees ook: Willie Esterhuizen gaan jou nog ‘n slag laat lag, dié keer met ‘Banana Air’

Banana Air begin op 30 September om 20:00 net op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Van Tienertoneel tot Showmax: Graad 11-leerder slaan rol in Spooksoeker-verwerking los

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

19 hours Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

22 hours Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

23 hours Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.