kategorieë: Ontspanning

Vuurwerke en veiligheid

Wat is meer somers as vuurwerke op ’n soel someraand, veral Oujaarsaand? Daardie skouspel van kleur en kakofonie is vir menige kind (en pa) die hoogtepunt van die hele vakansie. Dit ís ’n belewenis. Maak dit ’n onvergeetlike een, deur dit veilig en reg te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Beplan eerste vir die troeteldiere

• Vir die meeste troeteldiere is dit ’n absolute verskrikking. Sorg dat jou diere tuis veilig en gemaklik toegemaak is (of maak seker jy is by hulle!)
• My hond voel die veiligste op ’n groot kussing onder ’n bed die verste van die lawaai.
• Doen na die tyd moeite om jou diertjies ’n bietjie te troetel om hulle te verseker dat alles oukei is.
• As jy jou troeteldier van die begin af verseker, veilig en kalm hou, desensitiseer hulle mettertyd en is hulle nie so ontsteld nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Kry jou veiligheidsmaatreëls in plek

• Hou ’n emmer water of sand byderhand, om ’n onverwagse brand te blus.
• Dit is ook ’n goeie idee om noodhulp vir brandwonde byderhand te hê – iets soos Burnshield of ten minste yswater.
• En onthou om ’n groot kombers in te pak, sodat jy iemand wie se klere per ongeluk aan die brand slaan, daarin kan toerol om die vlamme te smoor. Dit moet van katoen wees – nie ’n sintetiese kombers of deken nie, want sintetiese materiale kan smelt en selfs erger brandwonde veroorsaak. ’n Alunium-noodkombers is selfs beter – jy sal dit by die meeste apteke kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Baken ’n vuurwerkgebied af

• Omlyn dit duidelik, met ’n streep, ’n gespande tou of vlae. So weet almal waar hulle veronderstel is om te wees.
• Net die een aangewese volwassene wat die vuurwerk aansteek, mag in hierdie gebied kom. Toeskouers bly te alle tye uit. Dit werk om vir hulle veilige sitplek te skep, sodat hulle geriefliker agter die lyn is.
• Praat dit vooraf met jou kinders deur, en wees streng hieroor. Te veel arms, oë en selfs lewens het al in die slag gebly omdat mense kanse waag, onversigtig is en nie besef hulle speel letterlik met vuur nie.

4 Plant die vuurwerk korrek en stewig

• Enige iets wat uitskiet, moet teen ’n baie effense hoek geplant word sodat dit uitskiet weg van die mense, huise, motors en paaie.
• Toets of die vuurwerk stewig staan voor jy dit aansteek. As dit omval of begin tol, kan dit in enige rigting uitskiet en wie weet wat tref.

5 As die vuurwerk nie afskiet nie

• Dit gebeur … en dan moet jy ekstra en dubbeld versigtig wees.
• Daar is ’n fabrieksfout, en enige iets kan nou gebeur, soos dat die vuurwerk effe later ontplof … net mooi wanneer jy kom kyk wat skort.
• Vergeet van ’n tweede probeerslag.
• Wag 5-10 minute voordat jy die vuurwerk nader, om dit voldoende kans te gee om of af te skiet of self dood te gaan.
• Keer ’n emmer water of sand daaroor uit. Jip, skryf dit af, vir almal se veiligheid.
• Moenie ’n tweede vuurwerk daarop plant nie. Dit kan die eerste een laat onvlam en afskiet in ’n onverwagse rigting, en so toeskouers seermaak.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

10 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

13 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

14 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.