kategorieë: Nuut & NouKos

Vrug van die gode

Persimmons, met hul sonderlinge oranjerooi kleur, het ’n unieke smaak en tekstuur, al lyk hulle nogal soos tamaties. Die vrug kom oorspronklik uit China en is baie gewild in die Ooste, Europa en Amerika, maar is eers in die jare negentig hier by ons begin verbou. Persimmons kan vars of gedroog geëet word en ook in gebakte nageregte gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié vrug is nie net lekker nie, dit bevat twee keer meer vesel as ’n appel en is ryk aan kalsium, yster en magnesium. Sy wetenskaplike naam Diospyros beteken nie verniet “kos van die gode” nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na seisoen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Koejawels. Skil koejawels en sny middeldeur. Rooster met ’n bietjie olyfolie tot sag en gaar en sit voor met stomende warm vla. Koejawels wat in ’n suikerstroop geposjeer is, vries uitstekend.
  • Beet kan vir veel meer as beetslaai gebruik word. Geroosterde beet gee interessante kleur en tekstuur aan slaaie. Dien op met bokmelkkaas vir ’n heerlike smaaksensasie. Jy kan papierdun lappies beet diepbraai en saam met patats en botterskorsies as snoephappie of bykos voorsit.
  • Rou kwepers is hard en vrank, maar as dit gaargemaak word, is die moontlikhede eindeloos. Kwepers kan gedroog, gevries of in alkohol of suikerstroop geposjeer word. Geroosterde kwepers is heerlik saam met blitsig geskroeide steak.
  • Preie kan op dieselfde manier as uie gebruik word, en die groen kleur kan ’n gereg nogal ophelder. Preie vorm ook die basis van baie bredies, soppe en aftreksels. Sny die preie in die lengte deur en spoel deeglik af. Bak heel in room, gegeur met neutmuskaat, sout en swartpeper.
  • Die knol van die vinkelkrui is net so lekker soos sy blare, maar die knolle se geur is ’n bietjie subtieler. Rooster ’n heel vis op ’n laag gesnyde vinkelknolle.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.