Vrouemaand: #VrouVanDieweek: Isabel Roos deur Suzanne Kotzé. Foto: Verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Om Vrouemaand te vier, gesels ons skoonheidspan met inspirerende vroue in die skoonheidsbedryf om meer uit te vind oor hul loopbane, belangstellings, en skoonheidsraad.
Ons het reeds met Carina Franck, Dr. Maureen Allem, en Dr. Judey Pretorius gesels. Vandag praat ons met Isabel Roos van die Isa Carstens-akademie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Sy het in 1967 ’n klein skoonheidsalon op Ceres geopen en in 1970 het die salon saam met die gesin na Stellenbosch verhuis. Eers agt jaar (1978) later het dit in ’n gefokusde opleidingsakademie ontwikkel.
Ek is die jongste van vier kinders, en was nog in my laerskooljare toe ons Stellenbosch toe verhuis het. Ek was in matriek die jaar toe sy die skool begin het.
Hoewel ek altyd deel van my ma se lewe was, was dit nie iets wat ek van die begin af wou doen nie. Ek het ná skool eers vir ’n ander kursus ingeskryf, maar halfpad deur die eerste paar weke het ek besef dit is nie wat ek wou doen nie. Ek het toe tydelik by die Akademie begin werk tot ek kon besluit wat om te studeer. Wel, en hier is ek steeds! Ek vier in Augustus my 32ste jaar hier by Isa. Wat ’n reis, belewenis en voorreg!
Haar hart vir ontwikkeling en groei – van die student tot die bedryf. Daar is so baie om te noem – haar hoë morele waardes, haar etiek, integriteit, eerlikheid en geloofwaardigheid.
(Met die tong in die kies: sy het altyd gesê dit is vir haar beter om belasting te betaal as nie. Dit het my laat nadink en besef sy was tog so reg).
Wat sou jy doen as jy nie by die akademie betrokke geraak het nie?
Sjoe, ek weet nie, want is jou pad nie vir jou uitgelê nie? Ek glo ek beweeg elke dag in my skeppingsdoel en dit gee my passie vir die pad wat ek stap, wat nie altyd maanskyn en rose is nie.
Verhoudings! Verhoudings wat skeefloop, laat soms geslagte verder nog ’n spoor van verwoesting.
Ja, sy is op die raad van Isa Carstens Akademie, maar is nie deel van die operasionele funksies nie, hoewel sy altyd op ’n manier betrokke sal wees. Sy is tans ’n wonderlike ma en tuisversorger vir ons vier woelige kleinkinders! My dogter se eerste verantwoordelikheid in hierdie stadium is om haar kinders te versorg. Ons vierde kleinkind is pas gebore. Daar gaan nie ’n dag verby dat ons almal nie oor die besigheid gesels nie. Wanneer die kinders ouer is, sal sy hopelik weer skouer aan die wiel wil sit en meer aktief betrokke raak.
Tyd sal leer. Ons het nou twee kleinseuns en twee kleindogters. ’n Ouma se wens is mos maar altyd dat die kinders net vreugde sal put uit die loopbaan wat hulle eendag kies, ongeag wat dit is. Maar dit sal ’n groot voorreg wees om hulle eendag ook betrokke te sien. Dit is seker enigiemand se droom dat die familie kan betrokke bly en wees, maar net die toekoms sal leer.
Eer daardie kosbare verhoudings, stel duidelike grense vir jouself en respekteer dit.
Dit is moeilik. Met ’n familie-onderneming is besigheid altyd die tema van bespreking. As ons by die werk is, is ons 100% by die werk en as ons by die familie is, probeer ons om elke oomblik die beste tye te deel! Dis nie altyd so maklik nie, maar dis ’n dissipline wat jy moet aanleer.
Dit is nogal ’n uitdaging, juis omdat ons almal so betrokke is by die maatskappy gesels ons baie gou eerder oor die besigheid. Dit kom so natuurlik. Die kleinkinders maak dit deesdae makliker om ’n bietjie van fokus te verander. Hulle verg ’n ander soort aandag, die een waar jy alle ernstige gesprekke moet staak en op hulle moet fokus. Ons maak ook tyd om saam weg te gaan en ander dinge te doen. Ons vind baie vreugde daarin en vergeet so nou en dan van al die werk.
Dit is belangrik om betrokke te wees by soveel moontlik konferensies en kongresse waar spesialisinligting oor nuwe produkte en tegnieke gedeel word. Ek ag dit noodsaaklik om nuwe inligting te ondersoek en teenoor navorsing te stel om seker te maak die regte inligting word gedeel. Dit is belangrik om die sukses van hierdie nuwe uitvindinge te toets en te meet om seker te wees van die uitsprake. Die meeste produkte en tegnieke sal ook in SA werk, omdat mense oral verskil en die behandeling/tegniek gekies moet word wat by die kliënt se behoeftes pas.
Hou dit eenvoudig, gebruik goeie velsorgprodukte, leef gesond.
Microdermabrasie (mikro-afskilfering). Dit verwyder die boonste lagie van die vel en verbeter die glans en verfyn die vel.
Mesoterapie – ’n behandeling waar gekonsentreerde voeding in die vel geforseer word en wat die vel vinnig jonger laat lyk en voel met langdurige uitwerking.
Daar is ’n groot verwagting om onmiddellike resultate te verkry, asook dat meer drastiese behandelings, meer en vinniger resultate lewer. Ek is nie ’n voorstander van drastiese behandelings nie, en verkies eerder ’n stadiger, maar langdurige effek.
’n Mooi vel het baie te doen met ’n kombinasie van leefstyl, dieet en watter velsorgprodukte jy gebruik. Die kombinasie van al hierdie aspekte hou ’n vel vir langer jonk, nie net die een of die ander nie.
Dit is ook belangrik dat jy velsorgprodukte gebruik wat spesifiek vir jou vel voorgeskryf is. Hierdie produkte is gewoonlik ouderdomsgepas en vir jou persoonlike behoeftes. Om op ’n jong ouderdom meer volwasse produkreekse te gebruik gaan nie noodwendig ’n goeie uitwerking op jou vel hê nie. So hou by ouderdomsgepaste velsorg.
Moenie te vinnig tou opgooi as jy nie resultate van ‘n produk kry nie. Die meeste produkte het minstens ses weke nodig voor enige resultaat gesien word, so byt net ’n bietjie vas voordat jy dink dit wat aanbeveel is, werk nie vir jou vel nie. Die vel vaar op sy beste as jy minstens een keer ’n maand vir ’n goeie behandeling gaan. Produkte tuis kan nie altyd al die werk verrig nie.
Let op wat jy eet.
Let op hoe jy lewe.
Let op waarop jy fokus, skoonheid is nie net wat jy aan die vel sit nie, maar hoe jy jou liggaam versorg.
Moet nooit saans gaan slaap voordat jy nie jou vel skoongemaak het nie.
Besoek die Isa Carstens webtuiste hier.
Foto's: Instagram/Demi-Leigh Tebow Demi-Leigh Tebow (voorheen Nel-Peters) en haar man, Tim Tebow, het Dinsdag…
Elkeen het die reg om as ’n waardige en spesiale persoon met respek behandel te…
Hier is ons top “lyk goed in foto's"- wenke: Moenie jou kop na agter…
Ons almal weet hoe maklik dit is om ’n pakkie skyfies of sjokolade nader te…
Die gewilde tienerboekreeks Reënboogrant maak hierdie week sy TV-debuut. Dit belowe om ’n opwindende reis…
Ons het 6 heerlike resepte saamgestel wat jy met beesvleis kan maak. Die beste deel…
Hierdie webwerf gebruik koekies.