kategorieë: Inspirasie

Vrouedag-inspirasie

Vir dié drie vroue is sakesukses nie genoeg nie. In ’n harde wêreld wil hulle ook sag aan ander raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Carina Franck: ’n Hart vir Afrika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In velsorgkringe is Carina Franck ’n groot naam. Sy was twaalf jaar lank die eienaar van Nimue Skin Technology International, wat sy in dertig lande tot ’n gerespekteerde, internasionale handelsmerk uitgebou het. In 2013 het Carina Nimue verkoop om aan ’n nuwe droom gestalte te gee: Kalahari™, ’n egte Afrika-reeks met die suiwerste bestanddele én die suiwerste doelstellings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Wetenskaplikes en botaniste van twee plaaslike universiteite doen al jare lank navorsing oor die inheemse plante van Afrika. Die hoofdoel van Kalahari™ is om die mense van Afrika se erfenis te bewaar, vaardighede oor te dra, werk te skep, hulle sosiaal op te hef, en ook medies uit te reik. Die projek naaste aan my hart is die een wat op die kinders fokus.

Ons het reeds die eerste van ’n paar skole gebou en verskaf nie net opvoeding nie, maar ook kos, klere en gratis mediese sorg deur ons uitreikprojekte wat deur verskeie lande ondersteun word. Wanneer kliënte ons produkte koop, ondersteun hulle gemeenskappe wat swaarkry.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Carina is passievol oor die bemagtiging van veral vroue. Sy glo aan sakementorskap en tree gereeld as internasionale spreker op. “As die Khoi-San jou groet, sê hulle: ‘Ek sien jou.’ Dit beteken: ‘Hier op die duin het ek jou van ver af sien aankom. Ek is hier, in die oomblik, bewus van jou.’ Ek glo dis hierdie soort konneksie met onsself, ander en die aarde wat ons ten diepste nodig het.”

Jenna Clifford: Kampvegter

Jenna Clifford is sinoniem met pragjuweliersware, maar sy is allermins toegespin in ’n kokon van kreatiwiteit en “beautiful living”. Sy het ’n skerp oog vir kwessies wat ander se welsyn, die natuur en die ekonomie in gevaar stel, en skroom nie om prontuit daaroor te praat én die daad by die woord te voeg nie.

“In die Weste word sukses aan mag, geld en status gemeet. Hoewel ek gek is na mooi dinge, het ek nie ’n tipiese verbruikersingesteldheid nie. As dit nie goed gaan met die wêreld nie, voel ek ook nie gelukkig nie. Ek is nie Moeder Teresa nie, maar dis vir my belangrik om ’n verskil te maak waar ek kan.”

Jenna het ’n sagte plek vir kinders en diere, en het spesiale juweliersreekse ontwerp om die Reach for a Dream Foundation en ’n renosterbewaringsprojek te ondersteun. “Die kinders na wie Reach for a Dream uitreik, het soveel om te gee ondanks alles wat met hulle gebeur het. Ek het ’n reeks silwer skoenlapper-hangertjies ontwerp omdat vlinders ’n kragtige FOTO VERSKAF simbool van transformasie is – hulle kan hul DNA verander!

Die bemagtiging van vroue is vir Jenna ’n verdere fokuspunt. “Ek doen my bes om voorste sakemanne aan te spoor om vroue aan te stel en te bevorder waar hulle dit normaalweg nie sou doen nie, en om sienswyses aan ’n wye front te verander. Mense moet drie dinge besef: vroue kán, hulle is geregtig op opleiding, en op minstens die helfte van dit wat in ’n verhouding beskikbaar is – of dit nou ’n sake- of romantiese vennootskap is.”


Elain Vlok: Onblusbare gees

Prof. Elain Vlok, bestuurder van korporatiewe dienste by Clover, gee vars betekenis aan die frase “veelsydige vrou”. Wanneer dit by vererings en vaardighede kom, het Elain min gelykes. Tog is dit haar lewensblyheid en mensliewendheid wat jou opval wanneer jy in haar geselskap is.

Elain se hartsbegeerte is “om ’n verskil te maak aan die armstes van die armes”. Sy is die ma van die veelbekroonde Clover Mama Afrika-projek wat landswyd gemeenskapsversorgers (care givers) toerus om ’n inkomste te verdien terwyl hulle na kinders, oumense en ander hulpbehoewendes omsien. Meer as 1 700 “Mamas” is deur Elain in die kuns van broodbak, naaldwerk, hekel, sakebestuur, voedseltuinmaak, mosaïekwerk, en so meer opgelei. Sy het hierdie vaardighede ook onder die knie en is boonop ’n grimeerkunstenaar, manikuris, bloemis, lid van die Suid-Afrikaanse koekversieringsgilde, kwilter, resepteboekskrywer en geregistreerde berader.

Vra jy hoe Elain die tempo volhou, sê sy: “Die Here trek my voor, Hy seën my werk oorvloediglik! Ek is net die instrument. As ek nie gelowig was nie, sou ek nooit terugslae soos my ouers, broer, susters en my man se dood, of my eie pad met kanker kon hanteer nie.

As ek saans my kamerdeur toemaak, praat ek met die Vader wat my krag gee. Wanneer ek gaan slaap en wanneer ek my oë oopmaak, sê ek dankie.” Elain se geheim is “een honderd persent betrokkenheid”.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.