kategorieë: Sukses en geld

Vroue wen met beheer oor finansies

“Statistieke uit die versekeringsbedryf toon dat vroue onderverseker is vir die finansiële impak van ’n lewensveranderende gestremdheid of siekte. Vandag  lewer vroue gelyke en soms groter bydraers tot huishoudelike inkomste en daar is steeds die geneigdheid om mans teen hoër voordeelwaardes as vroue te verseker. Dit maak nie sin nie aangesien vroue twee keer meer eise instel vir kritieke siekte en ongeskiktheid, ” sê Susan Gonnermann, Hoof van eise by Hollard Life.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Statistieke toon die gemiddelde bedrag van lewensdekking vir vroue is R780 000, terwyl kritieke siekte-dekking slegs R320 000 is. As jy die werklike koste van mediese behandeling en rehabilitasie in ag neem asook verlore inkomste en ander leefstyl-veranderinge, is vroue steeds hopeloos onderverseker vir ’n ernstige gesondheidskrisis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is vrouemaand en die ideale geleentheid om jou finansiële adviseur te raadpleeg oor hoe jy jouself deeglik kan verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Interessante feite

• Vroue leef  ongeveer 5 jaar langer as mans en het meer aftreespaargeld nodig. Jy kan langtermyn-sorg nodig hê en dalk alleen verantwoordelik wees vir jou gesondheidsorg. Praat met jou finansiële adviseur oor ’n omvattende plan wat aftreespaargeld, langtermyn sorg, kritieke siekte en gesondheidsorgvoordele dek. Maak seker jy kan die premies na aftrede bekostig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos wat jy ouer word, word hierdie voordele toenemend belangriker, so beplan vroegtydig sodat jy dit kan bekostig ná aftrede.

• Vroue verdien minder as mans. Dit beteken dat jy minder het om te belê vir aftrede, vir spaar en vir lewensversekering. Vroue het ’n langer lewensverwagting en het meer geld nodig om hul risiko’s te bestuur. Tydens swakker ekonomiese tye het vroue die risiko vir onverwagte uitdagings soos ’n gesondheidkrisis, ongeskiktheid, egskeiding, afdanking en enkelouerskap. Vra jou finansiële raadgewer wat jy nodig het om voorbereid te wees.

• Vroue het ’n groter risiko vir sekere siektes. Kanker, veral bors- en eierstok-kanker is verantwoordelik vir sowat 25% van kritieke siekte en ongeskiktheidseise deur vroue, gevolg deur hartsiektes. Die hoogste eise by vroue is tussen 31-50 jaar. Dit is die fleur van jou lewe en loopbaan. Aangesien vroue so ’n belangrike aandeel in die finansiële gesondheid van huishoudings het, kan ’n kritieke siekte of gestremdheid die gesin finansieel verwoes sonder die nodige versekeringsdekking.

Vra jou finansiële adviseur oor versekeringsopsies wat ’n omvattende lys siektes en toestande dek.

• Die finansiële laste en verantwoordelikhede van middeljarige Suid-Afrikaners word toenemend gedryf deur twee tendense – ’n veroudering van die bevolking en ’n generasie van jong volwassenes wat sukkel om finansiële onafhanklikheid te bereik.

Wanneer hierdie twee bots, ons het wat gepas genoem word die “toebroodjie generasie’” – volwassenes in hul 40’s en 50’s wat bejaarde ouers finansieel bystaan en ook hul eie kinders moet ondersteun. As die broodwinner in so ’n geval ’n vrou is, moet daar ’n finansiële plan wees wat sal voorsien as sy iets oorkom.

• Die tuisbly-ma het net soveel verantwoordelikhede en lewer net so ’n waardevolle bydrae tot die familie se welstand. As die ma iets oorkom, is die impak ewe groot en as sy nie in staat is om dienste te verskaf soos om taxi, huishoudster, onderwyser, kok en uitvoerende hoof van die huis te wees nie, moet die gesin vir dienste betaal om die huishouding vlot te laat verloop.

“Niemand weet wat die toekoms inhou en of jy ’n lewensveranderende krisis sal ondervind nie. Maak seker jou finansiële adviseur help jou om voldoende voorsiening te maak.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.