Vroue kan tóg hul gesigte skeer. Deur Bianca Muller
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Talle mense was vir lank onder die indruk dat ’n skeermes slegs nader getrek word vir die gesig as daar ’n man aan die ander kant van die spieël staan. Dis juis daarom dat die groeiende aantal videos op sosiale media van vroue wat hul gesigte skeer baie van ons byna stomgeslaan het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Glo dit of nie, die onderwerp is vir lank reeds nie taboe in die skoonheidsbedryf nie. Dermaplaning is byvoorbeeld ’n kosmetiese behandeling wat die boonste laag dooie velselle en fyn haartjies op die gesig verwyder en sodoende sorg vir ’n sagte, egalige gelaat. En dan is daar natuurlik opsies soos waks, threading en laser wat gereeld gebruik word deur vroue om ’n haarlose voorkoms te skep.
In die skeerproses word die fyn en donserige haartjies op die gesig verwyder. Dit is egter ook ’n doeltreffende manier om van dooie selle op die vel ontslae te raak. Dit gee jou vel ’n gladde voorkoms en maak dit makliker om grimering aan te wend. Sien dit dus as ’n doen-dit-self- dermaplaning-behandeling wat jy in die gemak van jou eie huis kan doen.
Sal die hare op jou gesig nie hard en donker teruggroei nie? Gelukkig is dit nie die geval nie. Soos jou haartjies begin teruggroei, sal dit waarskynlik harder as normaal voel. Dit is egter niks om jou oor te kwel nie – dis slegs omdat die hare tydens die skeerproses stomp afgesny word. Sodra dit volledig uitgegroei is, sal die tekstuur na normaal terugkeer.
Lees nog: Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi
Ongelukkig is daar mense wat liefs twee keer moet dink voordat hulle vir die skeermes mik. As jy met ’n droë vel sukkel, is dit moontlik dat die skeerproses jou vel meer sal uitdroog en tot afskilfering en jeukerigheid sal lei. Diegene met ’n sensitiewe vel moet ook versigtig wees, aangesien hulle geneig is om op die duur ’n veluitslag of irritasie te ervaar – hierdie is veral die geval as die regte stappe nie gevolg word nie.
Sien jy kans om jou gesig self te skeer? Daar is ’n paar truuks wat jy kan volg om seker te maak die skeerproses verloop veilig en lewer suksesvolle resultate.
Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.