Foto: Thinkstock
Om ’n vrou te wees in 2017 is moeilik. Daar is ’n inherente dryfkrag om altyd jou beste te doen en om harder te probeer. Hier is ’n paar dinge wat jou sal help om jou beste te kan gee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ons is lief vir lysies maak – omdat dit werk. Begin elke dag met twee lysies. Een vir jou werk, een vir jou huis of gesin. Maak ’n lysie van alles wat jy moet doen. Sodra jy alles neergeskryf het, moet jy besluit wat daarvan is die belangrikste. Nommer jou take in volgorde van belang en begin dan met nommer een. Sit ’n stukkie papier oor die res van die lysie sodat jy nie oorweldig voel met alles wat nog gedoen moet word nie. As nommer een klaar is, pak jy nommer twee. Beweeg deur elkeen van die nommers tot jy klaar is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
So moeilik as wat dit mag wees om te aanvaar, kan ons nie alles beheer nie. Dit is die aard van vroue om in beheer van al die situasies van die lewe te wil wees. Maar die lewe verras ons gereeld met situasies wat ons nie veronderstel is om te beheer nie. Dinge soos gesondheidskwessies wat heeltemal buite jou beheer is. Sit dit eenkant en hanteer dit net as dit opduik. As sulke moeilike tye opduik, gaan na jou familie vir ondersteuning. Moenie bang wees om kwesbaar te wees voor hulle nie. Jy sal dikwels krag kry deur openlik te wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Om ja te kan sê getuig van ’n sterk standpunt, maar die krag van nee moet ook gebruik word om jou te bemagtig. Moenie nee sê net omdat jy sommer lus is nie. Sê nee wanneer dit nodig is, selfs al beteken dit om nee te sê vir jou gesin of jou baas. Daardie klein woordjie het soveel krag. Dit kan jou weer in beheer laat voel.
Dit is nie maklik vir ’n vrou om beheer oor te gee nie, maar dit is soms belangrik om dit te doen. Dit is geen skande om take aan jou gesin of kollegas te delegeer nie. Dit beteken nie dat jy minderwaardig of onbevoeg is nie. Dit beteken eintlik die teenoorgestelde, dit beteken dat jy in beheer is en jy vertrou ander mense. Begin klein, delegeer daaglikse take in jou huishouding na jou gesinslede want dit gee jou kans om aan belangriker goed aandag te gee.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.