kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Vroue doen dit in groepe

Vroue is bedraad om mekaar te ondersteun – letterlik. Skaars 20 jaar terug het wetenskaplikes besef dat mans en vroue verskillend op stresvolle situasies reageer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Albei geslagte skei die streshormone kortisol en adrenalien af, wat hulle slaggereed maak om te veg of vlug. Maar terselfdertyd skei vroue ’n ekstra hormoon af – oksitosien, wat die produksie van kortisol en adrenalien inperk en ’n tend and befriend-reaksie sneller. Mans skei ook oksitosien af, maar baie minder as vroue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié verskynsel maak sin as jy daaraan dink dat vroue in die oertyd meestal met kinders moes vlug. Hulle het ander vroue nodig gehad om hulle met die kinders te help, terwyl die mans die gevaar moes afweer. Vroue reik dus van nature op ’n versorgende manier na ander uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al is ons 21-eeuse mense bitter besig en al meer gefokus op rekenaar- of selfoonskerms, doen ons vroue steeds die tend and befriend-ding. Een vorm daarvan is groepies: vriendinne wat gereeld bymekaar kom om sommer net lekker te kuier of iets spesifieks saam te doen.

Het jy al gekyk hoeveel groepies in jou vriende- of kenniskring bestaan? Nie net Whatsapp-groepies nie, maar mense wat mekaar op dieselfde plek in die oë kyk. Ek het ’n bietjie rondgevra en agtergekom groepies strek van jong volwassenes tot, wel, ons wat ietwat ouer is. Een ding is seker: ouderdom tel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alles en nog wat

Die uiteenlopendheid van die groepe is verstommend. Ek het die volgende raakgeloop of -geluister:

Universiteitsvriendinne wat al meer as dertig jaar sowat vier keer ’n jaar ’n Saterdag in ’n restaurant deurbring en een keer ’n jaar ’n paar dae lank saam weggaan (die mans se beurt om die gesin aan die gang te hou.)

Twenty something girls wat ’n groepie gevorm het om hul vriendin wat besig is om te skei te ondersteun. Hulle kuier in een van hulle se huis met pizza, wyn en een of ander kreatiewe oefening, soos om wynglase te verf.

• Vroue in dieselfde aftreeoord speel saam Scrabble of Rummikub. Hulle kom ook bymekaar om handwerk te doen; elkeen bring die hekel-, brei of ander handwerkie saam waarmee sy besig is, en kuier ’n hond uit ’n bos.

Leeskringe ken ons almal. Daar is ook kreatiewe skryfgroepies of ’n handvol vroue wat video-aande reël.

Gebeds-, Bybelstudie- of meditasiegroepies ondersteun mekaar op spirituele én emosionele vlak.

• Seldsamer is groepies wat elk ’n liggaamsielterapie, massering of soortgelyke vaardigheid onder die knie het, en bymekaarkom om behandelings uit te ruil.

• Groepies wat saam stap, draf of fietsry is algemeen.

• Drie geslagte vroue van ’n sekere familie doen elke kwartaal iets lekkers saam: hulle gaan na ’n uitvoering of eet saam uit.

• Party vroue vier hul liefde vir the good life deur maandeliks saam ’n restaurant te beproef, of by een se huis getrakteer te word.

• Ander maak ’n lekker geleentheid van besoeke aan ’n mark, kwekery of ’n bestemming buite die stad.

Is jý deel van ’n groepie? Praat die gedagte met jou?

Dalk kan jy so ’n groepie stig. Nie net kan jy ’n gunstelingaktiwiteit (soos gesels) met goeie maters deel nie – jy kry kans om te lag en mensekennis op te doen, maar die meeste van alles volg jy in die eeue-oue voetspore van vroue wat geweet het waar om ’n oksitosien-inspuiting te kry.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

12 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

15 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

16 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.