kategorieë: Blogs

Vroue alleen op reis

Daar is min dinge meer scary maar ook meer bevrydend as om vrou-alleen te reis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ‘n argaïese begrip dat vroue “beskerming” nodig het van iemand met ‘n Y-chromosoom. Dit is, om die minste te sê, seksisties – ‘n belediging vir jou intelligensie en so outyds soos soetkoekies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek reis die afgelope 25 jaar op my eie, soms saam met my man en seun, soms net saam met my seun en ander kere saam met susters en vriendinne. Dus matig ek my aan om uitgesproke te wees oor hierdie onder onderwerp, want ek weet! Daar is ‘n paar mites wat dadelik die nekslag toegedien moet word:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Dis net eensame vroue wat alleen reis. Oh please! Die meeste vroue reis alleen omdat hulle ander belangstellings het as geliefdes en vriende. Hulle reis eerder in vrede alleen as saam met ‘n neulende, negatiewe reismaat wat glad nie hul sentimente deel nie.
2. Dit is gevaarlik om alleen te reis. Gevaar skuil selfs in jou tuin as jy nie jou deure sluit nie. Die meeste Europese lande is uiters veilig en alle lande het toeragentskappe wat jou verblyf en reis veilig kan help beplan. As jy na jouself kan kyk in Johannesburg, kan jy dit sekerlik ook regkry in Jaipur.
3. Die gevreesde Alleen Eet-verskoning. Van die lekkerste etes wat ek al gehad het, was op my eie in ‘n knus restaurantjie êrens in ‘n vreemde land. Neem jou tablet of ‘n boek saam as jy regtig so bang is om “alleen” te lyk. Die alternatief is dat die buurtafel met jou ‘n gesprek kan aanknoop en jy van wonderlike wegsteekplekke in die dorp hoor waarvan jou gidsboek niks sê nie.
4. Dit is duurder om alleen te reis. Die meeste hotelle of gastehuise kwoteer pryse per kamer, nie per persoon nie. Die prys bly dus dieselfde. Die geheim van goedkoop verblyf lê in spesiale aanbiedings deur webwerwe soos www.booking.com en www.expedia.com – maak seker jy bespreek lank voor die tyd.
5. Wat as ek verdwaal/ nie my weg kan vind nie? Dis hoekom jy ‘n sak het waarin jy die gastehuis/hotel se besigheidskaartjie kan sit. Vra enige taxibestuurder om jou na die adres te neem – wys net die kaartjie! Jy kan ook elke aand voor slaaptyd die areakaart bestudeer en seker maak van jou roetes van die volgende dag. Die heel maklikste is egter om jou mond oop te maak en vir aanwysings te vra. Die meeste mense help graag.
6. Vermy vreemdelinge. Ai ai ai – nou hoekom gaan jy dan na ‘n vreemde land? Daar is NET vreemde mense. Doen eerder moeite om met mense geselsies aan te knoop en maak nuwe vriende. Die meeste mense sal eerder met ‘n enkelpersoon begin gesels as met ‘n groep wat klaar mekaar se geselskap geniet. Dit is veel interessanter om meer te leer van mense se kultuur en humor in ‘n ander land as om dieselfde stories oor jou vriendin se slim, sportiewe kinders oor en oor te hoor.
7. Dra ‘n trouring om lastige mans af te skrik. Dit is nou die simpelste raad wat ek nog gelees het in die vele blogs met raad oor vrou-alleen reis. ‘n Lastige vent sal hom definitief nie deur ‘n trouring laat afskrik nie. As ‘n man ‘n oorlas van homself maak, is dit veel makliker om op te staan en te loop of selfs die bestuurder van die restaurant te nader vir hulp. My persoonlike foefie is om te maak of ek glad nie verstaan wat die persoon sê nie – al is dit ook in Engels.
8. Ek sal eensaam wees op so ‘n alleenreis. LW: daar is ‘n groot verskil tussen alleen en eensaam. Om jou eie geselskap te geniet en op jou eie tyd deur besienswaardighede te drentel sonder iemand wat in jou nek blaas, is een van die groot luukshede. Jy kan ‘n hele dag in Galarie Lafayette of Harrods spandeer sonder om skuldig te voel. Jy hoef nie EEN ammunisie-museum van die Tweede Wêreldoorlog te besoek nie en jy hoef ook nooit weer verlangend te staar na oulike winkeltjies waar jy gewoonlik nie tyd mag spandeer nie. Om nie te praat van die voorreg om elke aand in ‘n ander restaurantjie te eet nie (gewoonlik te duur vir manlief, en dan knaag julle maar aan droë brood en ham in die hotelkamer).

Om alleen te reis maak ‘n mens onafhanklik en gee jou meer selfvertroue as drie nuwe paar skoene. Jy leer om op jouself staat te maak, jou eie smake en voorkeure te geniet, en buitendien is dit die beste voorbeeld wat jy vir ander jong meisies kan gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

17 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.