Wenke vir die meng van patrone:
Kies onewe getalle soos die nommer 3. Drie is die minimum getal patrone wat jy moet kombineer. Die geheim is om die skaal van die patrone in verskillende groottes te gebruik.
Patroon 1
Kies die prominentste patroon versigtig omdat die ’n baie belangrike invloed op jou vertrek sal hê. Gebruik die grootste patroon ontwerp.
Patroon 2
Kies ’n patroon met ’n ander ontwerp wat die helfte van die grootte van die eerste patroon is. Indien jou eerste patroon ’n groot blommotief is, is geruite of geometriese ontwerpe perfekte pasmaats. Hou in gedagte dat die kleure moet ooreenstem.
Patroon 3
Die derde patroon kan ooreenstem met die ander twee patrone. Herhaal ten minste 2 of 3 kleure. ’n Fyn blom-ntwerp werk goed saam met ’n groter blom-ontwerp of weereens geruite of gestreepte materiaal.