kategorieë: Ontspanning

Vreemder as fiksie: “My sussie is my ma, my ma my stiefouma en my pa my oupa”

Toe Megan van Zyl 11 jaar oud was, is haar lewe omvergegooi toe sy uitvind haar sussie, Adéle, is eintlik haar ma, en haar ma, Ilse, is toe al die tyd haar stiefouma.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe Adéle in matriek swanger geraak het, is daar besluit dat sy by haar pa en stiefma, Ilse, sou gaan woon. Adéle se dogter Megan is gebore toe Adéle 19 was, en die biologiese pa het besluit hy wil eerder terug na sy eie ouers gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moederskap was vir Adéle oorweldigend en daarom het haar pa en stiefma besluit hulle sal vir Megan as hul eie grootmaak. Megan was dus van kleintyd onder die indruk dat Adéle haar suster is en haar oupa en stiefouma haar biologiese ouers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Adéle van Zyl (Foto: Verskaf)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe Megan 11 was, het Ilse en haar man se huwelik op die rotse beland en het hulle besluit om te skei. Daarmee saam het hulle besluit dis tyd om vir Megan die waarheid te vertel oor wie se kind sy werklik is.

“Dit is vir my op die verkeerde tyd gesê. Bo en behalwe die skeisaak is ek ook gediagnoseer met ADHD. En toe begin die geboeliery by die skool. Dit was te veel vir my. Ek het nie meer geweet wie ek is nie. Ten spyte van alles is leuens nie ’n manier om jou kind te beskerm nie,” sê Megan.

Hoewel sy ’n ma-dogter-verhouding met Adéle begin het, het sy tog nooit wegbeweeg van Ilse nie.

Ilse van Zyl (Foto: Verskaf)

Vir Adéle was dit ’n moeilike besluit om toesig oor haar dogter vir haar pa-hulle te gee, maar sy het besef hulle sou vir Megan ’n beter lewe kon bied. “Mense kan my maar kruisig, maar ek het gedoen wat ek gedink het die beste vir Megan is,” sê sy.

Adéle is later getroud (en geskei) en is die ma van nog ’n dogter, Kaitlin. Megan dink Adéle is liewer vir Kaitlin, maar Adéle ontken dit. “Hoe kan jy liewer vir een kind as ’n ander wees?” vra sy.

Vir hierdie episode is ’n jeugvriend van Megan, Johan Dippenaar, en ’n traumatoloog, dr. Antoinette Beukes, ook gevra vir hulle insette.

Vreemder as fiksie word elke Maandagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Armand Aucamp oor die suksesresep van die reeks, Plan B

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Bessietert

Genoeg vir 1 groot bessietert met deeg oor. Bestanddele   Basiese soet deeg    Een…

12 hours Gelede

Hou bekommernis oor jou werk jou wakker?

’n Onlangse studie in die Verenigde Koninkryk het bevind die meeste werkers boet meer as…

12 hours Gelede

Kuns is alles by vanjaar se Suidoosterfees

Met Suidoosterfees 2025 se tema, “Kuns is alles”, herinner dié gewilde kunstefees Suid-Afrikaners dat kuns…

14 hours Gelede

Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

’n Blaaskans oor middagete maak jou meer kreatief en produktief.

17 hours Gelede

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

4 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.