Merwede van Tonder en Merelda Verster was oorstelp toe hulle gelyk swanger geword het. Een sus het egter ’n gesonde drieling gekry het, terwyl die ander suster se vierling kort ná geboorte oorlede is. In episode 10 van Vreemder as fiksie, vertel dié twee sussies hoe hulle dit saam verwerk het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Merwede en Merelda wou nog altyd saam verwagtend gewees het, maar nooit het hulle gedink dit sal werklik gebeur nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees ook: Rolene Strauss se babaseuntjie gebore!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Merwede en haar man, Simon, het vir ses jaar gesukkel om swanger te word. Hulle het talle toetse ondergaan en niks was suksesvol nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Merelda en haar man, Johandré, het twee jaar nadat hulle getroud is, besluit om met ’n gesin te begin. Maar by hulle wou dit ook nie geluk nie. Hulle het vier jaar sonder sukses probeer.
Merelda se man het voorgestel dat hulle kunsmatige inseminasie (IUI) ’n kans gee. Sy was eers gekant daarteen, maar toe raak sy swanger. Die swangerskap het egter op ’n miskraam uitgeloop. “Dit was verskriklik erg. Ná vier jaar van probeer, besef jy dis rêrig nie ’n maklike reis nie,” vertel sy.
Merwede en haar man het intussen besluit om ’n blaaskans te neem. “Vir so lank het ons alles probeer om kinders te kry, en dit was net mislukking ná mislukking. Dit het ons gebreek,” sê Merwede.
Maar toe raak Merelda weer swanger – dié keer met ’n vierling. Net ’n maand daarna het Merwede en haar man uitgevind sy is ook swanger – met ’n drieling. “Dit het heeltemal onwerklik gevoel! Jou brein kan dit letterlik nie verwerk nie,” sê Merwede.
Dié twee sussies se pad met swangerskap het wel aansienlik verskil. Op 22 weke het Merelda ’n verskriklike pyn gekry en hospitaal toe te gaan. Sy het in kraam gegaan en het normaal geboorte gee aan twee seuntjies en twee dogtertjies. Eers het hulle die seuntjie en dogtertjie verloor en op dieselfde dag die tweede seuntjie. “Elke dag wat ons dogtertjie gelewe het, het ons meer hoop gekry.” Maar op die vierde dag moes dié paartjie ook hul oorblywende dogtertjie aan die dood afstaan.
Merelda het daarna in ’n diep depressie verval. Sy en Johandré het ’n sielkundige gaan sien vir ekstra ondersteuning. “Ek is nou oukei, want ek het die nodige hulp gekry. Die grootste ding wat ons deur die hele reis gedra het, is mense wat vir ons gebid het,” sê sy.
Merwede het gedurende hierdie tyd op 30 weke ’n noodkeiser gehad. Sy het geboorte gegee aan hulle drieling, maar hulle was bitter klein. “Ek het ses jaar vir hierdie kinders gebid en hierso is hulle, maar ek was nie gelukkig nie. Want vir 22 weke het ek en my suster elke dag ons swangerskap met mekaar gedeel en nou is dit weg. En ek is alleen, want tot ’n mate kan ek nie alles met haar deel nie, want ek voel skuldig dat ek drie moet hê en sy’t nie eers een nie,” vertel Merwede.
“Ek moet my hoed afhaal vir Merelda en Johandré,” sê Merwede se man, Simon. “Deur daai seer het hulle ons nog heeltyd bygestaan, en hulle was altyd daar vir ons.”
En vandag is Merelda en haar man ’n dogtertjie ryker. Twee jaar nadat hulle die vierling verloor het, het hulle besluit om weer te probeer. Hulle het weer vir behandeling gegaan, maar hierdie keer het sy natuurlik swanger geraak.
“Dit was ’n groot verrassing. Elia is nou drie maande oud, en sy is rêrig ’n blessing. Jy sê net dankie vir die Here. Waaroor ons so lank gedroom het, is nou eindelik hier,” sê Merelda.
Die volledige episode is beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream. Vreemder as fiksie is elke Maandag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Lees ook: Tasché en Tasha nou saam met Tarryn Lamb in BlackByrd-sanggroep
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.