kategorieë: Reis

Vrede waar gevegte eens gewoed het

As jy by die parke se hekke ingaan, oorweldig die ongerepte skoonheid, vrede en rustigheid jou. Maar, as jy mooi kyk, sal jy bewyse sien van tye wat verby is, van oorloë wat eens hier gewoed het. Baie van ons nasionale parke het sulke oorblyfsels wat mens herinner dat oorlog eens gewoed het waar vrede vandag heers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bedrogfontein 4×4 trail, Addo Elephant National Park

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die hewige stryd van Bedrogfontein tussen die Boere en Britte gedurende die Anglo-Boereoorlog het in die Zuurberg area plaasgevind. Gen Jan Smuts en sy kommando het vanaf die noorde gekom terwyl die Britte uit die suide aangeval het. Die Boere het die Britse troepe in ‘n lokval gelei en ongeveer 700 perde het tydens die aanval weens die rotsagtige terrein na hul dood geval. Vandag kan jy steeds grafte sien en die boodskappe wat soldate in boomstompe uitgekerf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Salpeterkop, Bergkwagga Nasionale Park

Op die hoogste punt in die park is ’n skaakbord op rots uitgegrafeer. Terwyl die Britte tydens die Anglo-Boere-oorlog weggekruip het, het hulle skaak gespeel met mede-soldate in ’n ou fort in Cradock en skuiwe is deur middel van spieëls gesein. Die bord en die name van die soldate is op ’n rots uitgegrafeer en kan op ’n begeleide toer besigtig word. Matige fiksheidsvlak word vereis vir die uitdagende klim en geen kinders jonger as 12 word toegelaat nie. Die koste is R310 per persoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Navrae: + 27-48-881-2427

Sterile ground, Golden Gate Highlands National Park

Talle gevegte het in die gebied plaasgevind. Die Boere het in die Rooiberge teruggeval toe 50 000 Britse soldate Bethlehem gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog binnegeval het. Hulle het uiteindelik oorgegee, maar nie voordat hulle hul ammunisie waens aan die brand gesteek het nie. Kolle verskroeide aarde kan steeds naby die Mount Pierre area in die park gesien word nie. Niks groei in hierdie steriele gebiede nie.

Olifantsbos staproete, Tafelberg Nasionale Park

Die Thomas T. Tucker het rotse getref terwyl hy torpedos vermy het tydens ’n nag aanval in die Tweede Wêreldoorlog in 1942. Die wrak kan besigtig word tydens ‘n retoer staptog van drie-kilometer. As jy die 6,5 km Sirkelvlei-roete neem, sal jy ’n voorraad vars water vind wat tydens ‘n lugaanval in dieselfde oorlog gebruik is. Ou patroondoppe kan nog gevind word. Net bokant Olifantsbos op die rif kan die ruïnes van die Fortress Waarnemingpos gevind word. Dit is in 1941 gebou om oor die Atlantiese Oseaan te waak waar U-bote, konvooie en duikboot- jagters een hul dodelike spel gespeel het.

Kruger Nasionale Park

Die Steinaecker militêre eenheid was tydens die Anglo-Boereoorlog aktief in die gebied en oorblyfsels kan by meer as 15 terreine gevind word. Baie van hierdie artefakte is opgegrawe in 1997 en word nou in die inligtingsentrum by die Makhadzi piekniekplek tussen Letaba en Mopani uitgestal.

Samevloeiing, Mapungubwe Nasionale Park

Die oorblyfsels van die Vhembe Militêre Basis wat dateer uit die Anglo-Boere-oorlog kan naby die samevloeiing van die Limpopo en Shashe riviere gesien word. Later jare is infanterie, valskermsoldate, seiners en mediese korps hier gestasioneer om ANC guerillas uit die land te hou aangesien die riviere grense met Zimbabwe en Botswana deel. Tydens die vryheidstryd in Zimbabwe, is gesamentlike operasies met Rhodesiese troepe gehou. Jy kan steeds ’n geverfde embleem van die Rhodesiese Light Infantry sien.

Bron: SANParks Times

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

1 hour Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

16 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

22 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

23 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

23 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.