kategorieë: Sukses en geld

Vra só vir ’n verhoging

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe jy moet vra

Die eerste stap is om die besluit te neem en jouself toestemming te gee om te vra. Die tweede stap is om jouself voor te berei op ’’n manier wat jou gemaklik sal laat voel. Voor jy jou begin voorberei, doen die nodige navorsing om te verseker dat dit wat jy gaan vra wel ’n realistiese moontlikheid is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verdien jou reg om te vra

Wanneer jy om bevordering of ’n verhoging vra, moet jy die waarde wat jy tot die maatskappy toevoeg, kwantifiseer en op jou positiewe impak op die besigheid fokus. Dit is nie voldoende om net te praat oor hoeveel ure jy werk nie, jy word geoordeel op grond van jou uitset en doeltreffendheid. Nog ’n manier om respek en vertroue te verdien, is om nuwe verantwoordelikhede op te neem. Dit is wat jou bo jou kollegas sal verhef. Jy moet ’n punt daarvan maak om vir meer werk te vra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oefen om te vra

Vra ’n goeie vriend wat jou verstaan en gaan ’n paar keer voor hom deur die gesprek. ’n Goeie manier om vir die gesprek voor te berei, is om die bedrag hardop te sê voor jy ingaan. Jy moet dit in jou gedagtes verdien. Berei voor, oefen en herhaal.

Beplan die tyd om te vra

Volgens kliniese sielkundige dr. Colinda Linde, dui navorsing aan dat die beste tye om vir ’n verhoging te vra ’n Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 11:00 is. Op Maandae is mense besig om in die nuwe week te beweeg en Vrydae fokus mense op afsluiting. Hoekom 11:00? “Dit is dan byna middagete,” sê sy.

Doen dit met grasie

Daar is ’n verskil tussen selfvertroue en arrogansie. Jy het die volste reg om te vra, maar maak seker dat die wyse waarop jy dit doen ’n oop reaksie ontlok. Behou altyd ’n professionele houding, wees beleefd en maak seker jy kom nie voor asof jy geregtig is op ’n verhoging nie.

Gaan voort en vra

Wanneer die tyd aanbreek, wees voorbereid en gaan sien jou baas. Haal die emosie uit die gesprek. Wees logies. Wees feitelik. Stel ’n lys op van pligte wat jy vervul en noem hoeveel jaar jy by die maatskappy is. Noem wat die markverwante salaris is en wat jou kwalifikasies is. Toon die finansiële impak van jou werk, die waarde wat jy toevoeg en maak jou bydrae tot die maatskappy duidelik.

Ken jou planne B, C en D

As jou versoek om ’n verhoging afgekeur word, vra presies wat jy kan doen om die verhoging by ’n latere geleentheid te kry en wanneer die verhoging sal plaasvind.

Wees spesifiek. Wees duidelik. As jy die verhoging kry, maar dit is minder as waarvoor jy gevra het, vra wat jy moet doen om die res van die bedrag te kry. Alternatiewelik, as jou werkgewer jou nie dadelik die volle bedrag kan aanbied nie, vra skriftelik dat die saak binne ses mande weer oorweeg sal word.

Vandag gaan dit nie meer daaroor om beter as mans te wees nie, of die verskil tussen geslagte nie, maar eerder oor gender-aanvaarding en groter onafhanklikheid op eie voorwaardes vir vroue. Dit gaan oor die herdefiniëring van vroue en hul veelvuldige, geïntegreerde rolle en om hulle te ondersteun om die beste te wees wat hulle kan wees. Hoe vinniger werkgewers dit besef, hoe gouer sal die glasplafon gebreek word en vroue hul regmatige salarisse verdien.

Lori Milner, mede-skrywer van Own your Space is dit eens:

“Die toekoms behoort nie aan diegene wat terugsit en hoop dat hul lewens eendag beter gaan wees sonder dat hulle hul gedrag verander nie. Die toekoms behoort aan diegene wat vorentoe tree. Dit behoort aan diegene wat vra. So gaan voort. Vra vir dit wat jy wil hê.”

Lees ook: TV-aanbieder en joernalis Derek Watts oorlede

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.