Vou jou klere in ’n oogwink. Deur Bea Lingenfelder.
Klerevouers is al vir ’n geruime tyd op winkelrakke te sien, maar nou kan jy sommer jou eie een self maak (uit een boks)! Ons wys jou hoe.
Volg hierdie 5 stappe
- Sny ’n ou kartonboks in 6 ewe groot dele – die grootte van hoe jy jou hemp wil vou.
- Rangskik die dele sodat daar drie bo en drie onder lê.
- Plak die middellyn met kleefband vas en die boonste drie dele aanmekaar sodat dit as een vou. Die onderste drie dele moet afsonderlik kan vou.
- Lê jou hemp met die voorkant na onder oop op jou vouer.
- Vou dele 1 en 2 eerste en dan deel 3.
Lees ook: Maak jou hoë hakke meer gemaklik
Kyk hier na ’n stap-vir-stap-video
Hooffoto: Ron Lach vir Pexels