Heupverslanker-broekie
Hierdie broekie is ‘n moet onder katoenstof of rekmateriaal wat kleef aan jou lyf. Dit sal al die bulte wegsteek, van jou love handles tot jou bo-bene. Jou boude word gelig terwyl jou maag ingetrek word.
Maidenform hoë middellyf heupverslanker, (R799) Stuttafords (S-XL)
Vormdrag-broekie
Die broekie sal ook jou maag intrek en werk goed by rokkies wat korter is. Jy hoef nie bang te wees dat dit onder die rok sal uitsteek nie.
Broekie (R370), Women’s Secret (S-XL)
Bra wat verklein
‘n Bra wat jou borste kleiner laat vertoon, is net so belangrik vir mense met groot borste soos wat ‘n padded bra vir mense met kleiner borste is. Hierdie bra sal help dat die knope van jou hemde nie oopbult nie.
Maidenform bra (R699), Stuttafords (36C-44E)
Swangerskap-bra
Hierdie is die perfekte bra vir ‘n swanger vrou.
Ondersteunende bra sonder draadwerk (R250), Dis-Chem winkels (32B – 36DD)
Swangerskap-broekie
Die idee met hierdie broekie is nie om jou maag in te trek nie. Dit is ontwerp om saam met jou groeiende swanger magie te groei. Dit verskaf ondersteuning en gemak.
Soomlose broekie met 100% katoenvoering (R190), Dis-Chem winkels (S-XL)
Spanbroek
Hierdie spanbroek is nie vir onder jou klere bedoel nie, maar eerder om jou nuwe mooi bene te vertoon wat deur die ingeboude ondersteuning gegee word.
Lyssé spanbroek (R1 415), Chic Shapewear.
Vormdrag-rokkie
Hierdie rokkie sal jou al die ondersteuning moontlik gee. Dit gee ‘n gladde voorkoms aan jou heupe, boude, maag en borste.
Maidenform volrokkie (R899), Stuttafords (S-XL)
Heupverskankingsbroekie
Indien jy slegs ondersteuning vir die bene en heupe benodig, is hierdie een ook ‘n opsie.
Maidenform heupverslankingsbroekie (R599), Stuttafords (S-XL).
Naatlose vormdrag
Jy kan ook hierdie rokkie dra as jy verkies om jou eie bra daarby te dra.
Naatlose vormrok (R220), Playtex (M-XXL)