kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vorm jou liggaam meer suur as wat jy kan hanteer?

Elke stelsel van jou liggaam werk die beste by ’n spesifieke pH, wat die  suur- of alkaliese vlak genoem word. Ekstra sure beïnvloed jou liggaam se suurheidsvlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar kom hierdie sure vandaan? Jou liggaam vorm as deel van sy normale metabolisme sure. Jou liggaam hanteer dit op twee maniere: ekstra sure word deur die niere, longe, dermkanaal en die vel uitgeskei; óf jou liggaam buffer (‘neutraliseer’) dit met alkaliese minerale. Ons kry alkaliese minerale, soos magnesium, kalium en kalsium, uit ons kos, veral uit sekere groente en vrugte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waar kom te veel suur vandaan?

Die moderne dieet veroorsaak veel meer suur as wat jou liggaam kan hanteer, aangesien veral suiker en diereproteïen soos vleis baie bykomende sure laat vorm. Daar word geraam dat ons dieet tipies uit 80% suurvormende kosse bestaan, en net 20% alkaliserende kosse. Jou liggaam benodig ideaal gesproke presies die teenoorgestelde.

Dit bring mee dat ons liggame op ongewenste maniere vergoed. Hy sal onder meer ekstra suur in jou gewrigte en vel stoor. Of hy sal die sure probeer buffer deur alkaliserende minerale soos kalsium in te span. As daar nie genoeg hiervan in jou dieet is nie, onttrek jou liggaam ekstra kalsium uit jou skelet, tande en kraakbeen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie nimmereindigende aktiwiteit om die optimale suur/alkaliese vlakke te handhaaf, tap liggaamsenergie. Jy sal tipies simptome soos moegheid, uitputting, swak konsentrasie en geneigdheid tot stres toon. Daarby kom die langtermyn negatiewe impak op jou skelet, bindweefsel en algemene gesondheid ook nog by.

A.Vogel’s Multiforce Alkaline Powder werk hiervoor. Dit bied jou ’n daaglikse dosis kalsium, magnesium en kalium om die suurheid teen te werk wat die moderne leefwyse skep. Dit help ook om die stelsels te ondersteun wat daarvoor verantwoordelik is om jou pH-vlakke te balanseer.

Die poeier is in 2016 as Produk van die Jaar in die gesondheidskategorie aangewys, in ’n opname onder 5 000 mense deur Nielsen. Dit is by apteke en gesondheidswinkels beskikbaar.

Inligting verskaf deur A Vogel Multiforce.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

5 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

5 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

8 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

12 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.