Voortuin (voor en na)

Voor

Hierdie paadjie het dringend aandag gekort. Met ’n paar stappe is dit omskep in ’n netjiese en praktiese loopplek na die voordeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Haal al die stene uit en maak die sand gelyk.
• Pak die stene soos jy verkies en begin om dit een vir een halfpad in die sand te lê.
• Gebruik ’n groot graaf om elke steen se holte te maak. Jy moet seker maak dat die steen halfpad in die sand neergesit word – dit sal verseker dat die steen nie later uitlig nie.
• Nadat jy al die stene gelê het, gooi die oortollige sand bo-oor die stene en maak dit saggies nat met water (gebruik ’n gieter).
• Wanneer dit droog is, vee die sand weg (bo-oor die stene). Die stene sal nou ordentlik in die grond lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voortuin (voor)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na

Versier rondom die stene met ’n bedekker, rankplante en ’n plant met kleur. Ons is almal groot op waterbesparing, so gebruik so min as moontlik plante wat baie water benodig. Hierdie stukkie benodig reeds drie gieters water. ’n Mens wil nie meer as dit gebruik nie. Indien jy plantjies gaan gebruik, is dit noodsaaklik om goeie kompos (soos Double Grow van Stodels) te gebruik. Maak die holtes vir die plantjies en gebruik ’n bietjie beenmeel om die groeiproses aan te huts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voortuin (na)

Stodels se webtuiste is nou vernuwe! Gaan loer ’n bietjie hier: www.stodels.com. Hulle gee elke maand nuwe wenke en daar is ook soms gratis praatjies oor tuinmaak by hul uitgesoekte takke.

Cape Garden Centre (www.capegardencentre.co.za) verskaf ook elke maand wenke. Hulle is ook baie ingestel op kinders en wanneer jy ’n draai maak daar is dit ’n uitstappie vir die hele gesin.

Moenie vergeet van jou plaaslike klein kwekerye nie! Hulle het soms plantjies en ander items wat die groot kwekerye nie het nie. Ondersteun hulle gerus.

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

Vetplante vir beginners

Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…

14 hours Gelede

Karlien van Jaarsveld op ‘Laataand by Rian’: “Ek sou dieselfde keuses maak”

As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…

16 hours Gelede

Amasi-platbrood

Resep:  'Dairy Gives You Go'    Bestanddele   2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…

17 hours Gelede

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers deur Salomé Delport. Hooffoto: zozzzzo/istock images    As jy na veertig begin…

1 day Gelede

Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur het nie

Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur…

1 day Gelede

Inspirerende stories, Teater en Pa-wees: Dean Balie se volgende hoofstuk

Hy is in 1989 op Springbok gebore en hierdie uitsonderlike deel van ons land was…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.