Denim
Die staatmaker jean is nou ‘n moet-hê item. Jy hoef nie eens te wonder watter snit om te koop nie, want omtrent alle denim is in die mode. Jy kan kies uit die los mans styl jeans, stywe plankdun jeans, uitklok jeans en geskeurde jeans. Nie net jeans nie, maar denim hemde, rokke en rompe ook.
Jeans (R329) (6-20) Foschini
Skakerings van blou
Blou gee vir jou ‘n verskeidenheid opsies, want blou in al sy skakerings is mode. Van ysblou tot hemelsblou. Blougroen is ook ‘n goeie opsie want, dit is minder formeel as vlootblou en meer elegant as hemelsblou. Dit gaan goed saam met kameelkleur en wit.
Mango
Armbande
Dit is weer tyd om arms te wys en polse te versier. Kies ‘n armband in metaal, plastiek of een met edelgesteentes.
Handgemaakte organiese armband van 18 karaat goudbrons (R4320) Kirsten Goss
Uitgesnyde detail
Handsakke en skoene het nou dié interessante toevoeging gekry, naamlik uitgesnyde detail.
Handsak met uitsny detail (R380) Foschini.
60’s
Beslis dié grootste trend vir Somer! Stof af die kort rompies en swaai jasse. Dit is weer tyd om mooi bene af te wys.
Halssnoer (R330) Lovisa
Strepe
Strepe is die seisoen dikker. Moet nie jouself beperk tot net reguit lyne nie. Probeer die nuwe diagonale chevron strepe.
Slooprok (R349) (XS-XL) Mango
Sonsondergang skakerings
Jy kan kies tussen al die skakerings van sonsondergange. Van oranje, pienk tot geel en koraal.
Ooptoon hofskoen (R649) Charles & Keith
Maksi rok
Die stylvolle tog gemaklike maksi rokke is ook ‘n moet-hê item vir somer. Jy kan ook maksi rokke met boheemse patrone dra.
Mango
Broeke met patrone
Die patroon broeke het die seisoen eerder grafiese patrone as blom motiewe. Dra dit saam met effekleure of hemde met patrone.
Broek (R499) (2-14) Zara