kategorieë: Ons menseBekendes

Voormalige gyselaar Gerco van Deventer: ‘My geloof was my anker’

Hy was vir ses jaar, een maand en 12 dae in aanhouding – die langste wat ’n Suid-Afrikaner nog as gyselaar aangehou is, maar Gerco van Deventer het geweet dat hy vrygelaat sou word. Só het hy aan Rian van Heerden vertel in hierdie week se aflewering van Laataand by Rian.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: ‘Laataand by Rian’– Peet Viljoen: ‘Die koshuis en geboelie het my gemaak wie ek vandag is’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gerco se pa was in die weermag, en hy wou van kleintyd af in sy pa se voetspore volg. Hy was lid van ’n mediese spesialis-eenheid, en nadat hy weg is by die weermag, het hy steeds as paramedikus gewerk. Sy beroep het hom na Libië geneem, waar hy in 2017 op ’n bouterrein ontvoer is. Hy is later deur sy ontvoerders aan Al-Kaïda in Mali verkoop en is daar aangehou tot hy in Desember 2023 uiteindelik vrygelaat is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gerco van Deventer (Foto: Verskaf)

Deesdae woon hy en sy gesin in Swellendam en gee hy gereeld getuienis by kerke. Hy beplan ook om mense op te lei wat moontlik in dieselfde situasie kan beland om te weet hoe om op te tree.

Gerco was nie die enigste een wat aangehou is nie. “My vrou, kind en familie was ook gevangenes gewees,” sê hy en voeg by dat dit juis hulle was wat hom positief gehou het. “My geloof was my anker en my familie my dryf.”

Hy glo een van die redes hoekom hy goed deur sy aanhouers behandel is, is omdat hy hulle met respek behandel het. Met sy vrylating het hulle gesê hulle weet nie hoekom hy vrygelaat word nie, maar dat geen geld hande verwissel het nie. Gerco weet tot vandag toe nie wat die rede daarvoor was nie.

Monique Strydom (Foto: Verskaf)

Die ander gas in die ateljee was Monique Strydom, wat in die jaar 2000 vir 127 dae saam met haar voormalige man, Callie, op die eiland Sipadan in Maleisië aangehou is. Monique het in die onderhoud met Rian gesê as jy ’n gyselaar was, word daardie ervaring deel van jou DNS. Sy en Gerco het vertel hoe hulle geleer het om “triggers” – daardie dinge wat weer trauma kan wakker maak – te herken en geleer het hoe om dit te hanteer en aan te spreek. Hulle het ook al twee besef wat werklik belangrik in die lewe is – dinge soos goeie verhoudings.

Rian se volgende gas is die komediant Alfred Adriaan wat vinnig opgang gemaak het in die SA komedietoneel met twee opeenvolgende South African Comics’ Choice-benoemings onder sy belt in die kategorieë vir Beste nuwe komediant en Beste intermediêre komediant.

Laataand by Rian is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die episodes is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: ‘Laataand by Rian’: Amore Bekker maak haar hart teenoor Rian oop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

15 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

16 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

17 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

19 hours Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

21 hours Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.