kategorieë: In die nuusJou lewe

Voorkom dat grypdiewe jou motor teiken

Hier is ’n paar wenke om te voorkom dat jy geteiken word:

  • Maak seker jou motor se deure is gesluit.
  • Moenie waardevolle items los waar dit gesien kan word nie. Bêre altyd jou handsak en skootrekenaar in jou motor se kattebak.
  • Probeer om onveilige areas te vermy. Ry eerder die veilige ompad as die onveilige kortpad.
  • Hou altyd ’n spasie tussen jou en die motor voor jou, sodat jy ruimte het as jy moet ontsnap. Installeer “smash & grab” op jou motor se ruite. Dit tint die ruit effens en keer dat die ruit gebreek kan word.
  • As jy in die aand ry en ’n robot slaan oor na rooi, ry eerder stadiger en bly aan die beweeg sodat jy die lig groen kan vang.
  • Wees waaksaam.  Moenie as jy by ‘n rooilig stop op jou foon kyk of jou aandag op iets anders fokus nie.  Kyk altyd wat om jou aangaan.
  • Moet onder geen omstandighede uitklim as iemand iets teen jou motor gooi nie.
  • As jy jou ruit wil afdraai, moet dit nie soveel wees dat iemand hul hand kan indruk nie.
  • Moenie jou ruit oopdraai as iemand iets by ’n verkeerslig aan jou wil verkoop nie.
  • As jy stukkies glas langs die pad sien lê, is die kans goed dat iemand se ruit vroeër daar uitgeslaan is. Wees op die uitkyk vir enige verdagtes.
  • Hou altyd pepersproei in jou voertuig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Veilig op die paaie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff
Tags: kapingmotor

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

7 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.