Hier is ’n paar wenke om te voorkom dat jy geteiken word:
- Maak seker jou motor se deure is gesluit.
- Moenie waardevolle items los waar dit gesien kan word nie. Bêre altyd jou handsak en skootrekenaar in jou motor se kattebak.
- Probeer om onveilige areas te vermy. Ry eerder die veilige ompad as die onveilige kortpad.
- Hou altyd ’n spasie tussen jou en die motor voor jou, sodat jy ruimte het as jy moet ontsnap. Installeer “smash & grab” op jou motor se ruite. Dit tint die ruit effens en keer dat die ruit gebreek kan word.
- As jy in die aand ry en ’n robot slaan oor na rooi, ry eerder stadiger en bly aan die beweeg sodat jy die lig groen kan vang.
- Wees waaksaam. Moenie as jy by ‘n rooilig stop op jou foon kyk of jou aandag op iets anders fokus nie. Kyk altyd wat om jou aangaan.
- Moet onder geen omstandighede uitklim as iemand iets teen jou motor gooi nie.
- As jy jou ruit wil afdraai, moet dit nie soveel wees dat iemand hul hand kan indruk nie.
- Moenie jou ruit oopdraai as iemand iets by ’n verkeerslig aan jou wil verkoop nie.
- As jy stukkies glas langs die pad sien lê, is die kans goed dat iemand se ruit vroeër daar uitgeslaan is. Wees op die uitkyk vir enige verdagtes.
- Hou altyd pepersproei in jou voertuig.
Lees ook: Veilig op die paaie