kategorieë: Jou lewe

Voordele van motor – en huisversekering

Voordele van motor – en huisversekering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons verstaan dat jy so dink. Veral in hierdie taai ekonomiese tye sien ons in hoe jy kan dink dat dit dalk ’n goeie idee is om van jou motor- of huisversekering ontslae te raak. Dit is nie. As versekeraar, raai Virseker jou sterk aan om dit nie te doen nie, want as jy ’n polis kanselleer en daar loop daarna iets skeef, gaan jy lang trane huil. Om ’n gesteelde motor te vervang, is duur en om herstelwerk te laat doen aan jou dak wat ná die haelstorm begin lek het, is duur, heel moontlik duurder as wat jare se betaal aan ’n polis is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So voor jy jou versekeringspolisse kanselleer, lees eers verder oor die voordele van motor- en huisversekering.

3 voordele van motorversekering

Daar is verskeie tipes motorversekering wat elkeen sy eie voordele inhou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Verseker jou voertuig teen skade

As jy in ’n ongeluk is en jou voertuig word beskadig, kan jy by jou versekeraar ’n eis indien, sodat hulle vir die herstelwerk betaal. Die meeste versekeraars vereis dat jy in gevalle soos hierdie ’n bybetaling maak.

  1. Verseker jou voertuig teen diefstal

Ongelukkig word daar jaarliks in Suid-Afrika duisende karre gesteel. En soos jy weet is dit nie goedkoop om ’n kar te vervang nie. So al hoop ons dat jou kar nie gesteel word nie is dit ’n goeie idee om motorversekering uit te neem, in geval hy wel gesteel word. Jy kan dan by jou versekeraar ’n eis in stel en hulle sal ’n groot deel van die kostes om jou gesteelde voertuig te vervang, dek.

  1. Derdepartyversekering

As jy die oorsaak van ’n motorongeluk is, dek derdepartyversekering skade teen die ander partye betrokke by die ongeluk se voertuie en eiendom. Dit is vreeslik handig, want om te moet skarrel om geld te kry om jou eie kar reg te maak is een ding, maar om vir ander mense te moet verduidelik dat jy sukkel om geld bymekaar te maak om hulle bates te laat herstel is uiters ongemaklik.

3 Voordele van huisversekering

As jy geld wil leen om n huis te koop vereis banke dat jy huisversekering uitneem wanneer die transaksie goedgekeur word. Afgesien daarvan hou huisversekering boonop nog ’n klompie voordele ook in:

  1. Verseker die inhoud van jou huis

As jou toestelle en meubels skade lei of gesteel word, kan jy met behulp van huisinhoudversekering dit laat herstel of vervang.

  1. Verseker die fisieke geboue op jou erf

Wanneer vuur of vloed verwoesting saai en jou geboue se dakke lek of mure kraak behoort gebouversekering jou teen die skade te dek. Dis baie beter dat die polis uitbetaal en die honderde duisende rande se skade dek as wat jy dit uit jou sak uit moet betaal.

  1. Beskerm jouself teen aanspreeklikheid vir ander

Dis hartseer, maar ongelukkig nodig om jouself te beskerm teen wat dalk met ander mense op jou erf mag gebeur. As iemand anders op jou erf seerkry (of hulle daar mag wees of nie) kan jy vir die mediese onkoste aanspreeklik gehou word.

Motor- en huisversekering by Virseker

Noudat jy weet hoeveel geld motor-en huisversekering jou kan spaar, kyk gerus na Virseker se produkte. Ons bied eersteklas premies in jou moedertaal – Afrikaans – aan.

Bronne:

https://www.bankbazaar.com/home-insurance/guide/why-is-house-insurance-important.html

https://fciains.com/blog/top-5-benefits-of-homeowners-insurance/

https://www.hdfcergo.com/blogs/home-insurance/who-should-get-home-insurance-and-what-are-the-benefits

https://www.caranddriver.com/car-insurance/a35710606/benefits-of-car-insurance/

https://www.hdfcergo.com/blogs/car-insurance/5-benefits-of-car-insurance

https://www.oldmutual.co.za/articles/5-reasons-why-you-need-car-insurance

Deel
Gepubliseer deur
Nelson Kalula

Onlangse plasings

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

49 mins Gelede

Groot feesmakietie in die volstruisdorp

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen      Die 29ste KKNK, geborg…

1 hour Gelede

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

19 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

22 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

1 day Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.