Voordele van motor – en huisversekering
Ons verstaan dat jy so dink. Veral in hierdie taai ekonomiese tye sien ons in hoe jy kan dink dat dit dalk ’n goeie idee is om van jou motor- of huisversekering ontslae te raak. Dit is nie. As versekeraar, raai Virseker jou sterk aan om dit nie te doen nie, want as jy ’n polis kanselleer en daar loop daarna iets skeef, gaan jy lang trane huil. Om ’n gesteelde motor te vervang, is duur en om herstelwerk te laat doen aan jou dak wat ná die haelstorm begin lek het, is duur, heel moontlik duurder as wat jare se betaal aan ’n polis is.
So voor jy jou versekeringspolisse kanselleer, lees eers verder oor die voordele van motor- en huisversekering.
3 voordele van motorversekering
Daar is verskeie tipes motorversekering wat elkeen sy eie voordele inhou.
-
Verseker jou voertuig teen skade
As jy in ’n ongeluk is en jou voertuig word beskadig, kan jy by jou versekeraar ’n eis indien, sodat hulle vir die herstelwerk betaal. Die meeste versekeraars vereis dat jy in gevalle soos hierdie ’n bybetaling maak.
-
Verseker jou voertuig teen diefstal
Ongelukkig word daar jaarliks in Suid-Afrika duisende karre gesteel. En soos jy weet is dit nie goedkoop om ’n kar te vervang nie. So al hoop ons dat jou kar nie gesteel word nie is dit ’n goeie idee om motorversekering uit te neem, in geval hy wel gesteel word. Jy kan dan by jou versekeraar ’n eis in stel en hulle sal ’n groot deel van die kostes om jou gesteelde voertuig te vervang, dek.
-
Derdepartyversekering
As jy die oorsaak van ’n motorongeluk is, dek derdepartyversekering skade teen die ander partye betrokke by die ongeluk se voertuie en eiendom. Dit is vreeslik handig, want om te moet skarrel om geld te kry om jou eie kar reg te maak is een ding, maar om vir ander mense te moet verduidelik dat jy sukkel om geld bymekaar te maak om hulle bates te laat herstel is uiters ongemaklik.
3 Voordele van huisversekering
As jy geld wil leen om ’n huis te koop vereis banke dat jy huisversekering uitneem wanneer die transaksie goedgekeur word. Afgesien daarvan hou huisversekering boonop nog ’n klompie voordele ook in:
-
Verseker die inhoud van jou huis
As jou toestelle en meubels skade lei of gesteel word, kan jy met behulp van huisinhoudversekering dit laat herstel of vervang.
-
Verseker die fisieke geboue op jou erf
Wanneer vuur of vloed verwoesting saai en jou geboue se dakke lek of mure kraak behoort gebouversekering jou teen die skade te dek. Dis baie beter dat die polis uitbetaal en die honderde duisende rande se skade dek as wat jy dit uit jou sak uit moet betaal.
-
Beskerm jouself teen aanspreeklikheid vir ander
Dis hartseer, maar ongelukkig nodig om jouself te beskerm teen wat dalk met ander mense op jou erf mag gebeur. As iemand anders op jou erf seerkry (of hulle daar mag wees of nie) kan jy vir die mediese onkoste aanspreeklik gehou word.
Motor- en huisversekering by Virseker
Noudat jy weet hoeveel geld motor-en huisversekering jou kan spaar, kyk gerus na Virseker se produkte. Ons bied eersteklas premies in jou moedertaal – Afrikaans – aan.
Bronne:
https://www.bankbazaar.com/home-insurance/guide/why-is-house-insurance-important.html
https://fciains.com/blog/top-5-benefits-of-homeowners-insurance/
https://www.caranddriver.com/car-insurance/a35710606/benefits-of-car-insurance/
https://www.hdfcergo.com/blogs/car-insurance/5-benefits-of-car-insurance
https://www.oldmutual.co.za/articles/5-reasons-why-you-need-car-insurance