kategorieë: Ons menseBekendes

Nadia Valvekens se reis na geluk

Party mense is soos ’n vars bries, maar Nadia Valvekens is nie iemand wat jy graag met ’n cliché wil beskryf nie. Sy is eerder soos daardie klam mistigheid wat grênd restaurante op snikhete dae op hul stoepe sproei om mense te laaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het in 2014 saam met haar sussie Natasha deur Parys en Engeland getoer en dit was vir haar ’n genesingsreis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons het een aand in ’n restaurant in Parys drie Parysenaars ontmoet en lekker gekuier. Toe hoor ons dit is die restaurant waarin tonele van die fliek Amélie verfilm is. Dit is een van my gunstelingflieks. Watter lekker toeval!”

Sy en haar sus het alles voluit geniet, en Nadia het alles om haar ingedrink en ’n nuwe mens teruggekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is ’n reisiger. Nou wil ek net weer gaan. Dit verbreed jou horisonne en uitkyk op die lewe.

“Ek is op so ’n goeie tyd en plek in my lewe. Ek is gelukkig en gesond. Ek werk lang ure by Binnelanders, maar ek maak tyd om gimnasium toe te gaan en te gaan draf. Ek is nou nie die Comrades-tipe nie, maar ek hou daarvan om fiks te wees en 10 km kaf te draf.”

Deel van haar geluk is dat sy elke dag doen waarvan sy hou.

“Ek sal wel eendag wil teruggaan na my wortels en groot liefde: die verhoog. Ek het ook groot drome om in rolprente te speel. Ek sal nie omgee om oorsee te gaan werk nie, maar sal nie graag ons land wil verlaat nie. As ek kyk na die lewe van iemand soos Charlize Theron kan ek sê ek beny haar haar rolle en werk, maar nie die eise wat ek glo roem aan haar private lewe stel nie. Die oppervlakkigheid van daardie soort roem is nie iets wat ek sal wil hê nie.”

Nadia stel nie vir haarself groot doelwitte wat buite bereik is nie.

“Ek geniet die uitdagings van elke dag en elke week. Soms werk ek in die week hard, want ek het ’n doelwit om die naweek lekker ver te gaan draf. En as ek lekker gehardloop het, sal ek weer ’n doelwit stel om te kyk of ek die volgende week verder kan hardloop of om my tyd te verbeter.”

Ek geniet die uitdagings van elke dag en elke week

Sy hou nie daarvan om in die verlede rond te delf nie. Daar was ’n hartseertyd, maar dis nou verby.

Sy is deur ’n helingsfase en is nou baie gelukkig.

“Ek is so ongelooflik tevrede met die lewe. Ek is mal oor my onafhanklikheid en wil nie nou iemand in my lewe hê nie. Ek voel so ’n bietjie selfsugtig oor my geluk en wil dit nie nou al met iemand anders deel nie.”

Daar is regtig nie dinge waaroor sy spyt is nie. Soms is dit nodig om deur pyn te werk om te kan groei, glo sy.

“Anders sou die lewe darem baie eentonig gewees het. Daar is mos die spreekwoord wat sê dis beter om lief te gehad het en dit te verloor het as om nooit lief te gehad het nie.”

Sy is deeglik bewus daarvan dat daar in elke situasie twee partye is en dat elkeen ’n rol speel.

“Ek het ook my foute en dit maak my mens. As dinge skeefloop, moet jy ook na jou eie aandeel kyk. Ek kon dit regkry om myself in my groeiproses te vergewe vir foute wat ek gemaak het. Dit is belangrik om verantwoordelikheid te aanvaar vir dinge wat jy verkeerd gedoen het. Jy moet dit doen om aan te beweeg. Jy moet ook ander vergewe, anders kan jy nie vorentoe beweeg nie. Ek verpes mense wat in slagoffermodus stagneer.”

Op ’n dag het die “pennie vir my ge-drop” en sy het besef sy sal haarself aanvaar soos sy is.

“Ek het goeie en slegte eienskappe net soos enige ander mens en ek moet dit aanvaar en leer om daarmee saam te leef. Ek is nie altyd so tevrede met my vinnige humeur nie, maar ek is gelukkig met my morele waardes. Dit gaan oor balans. Natuurlik is daar tye waarin jy dink jy sal nie weer gelukkig kan wees nie, maar dit gaan verby. Op ’n dag besef jy net jy is weer oukei.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

4 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

4 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

5 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

5 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

7 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.