Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en die vonkelwyn is yskoud op die tong, toe ons by Marble Cape Town verwelkom word. Sjef David Higgs was in die Kaap vir ‘n blitsbesoek en met die eerste vier maande sedert die restaurant in Kaapstadse se Waterfront geopen het, agter die rug, net die kans om lekker te kuier en die restaurant se spyskaart te ervaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sjef David Higgs, mede-stigter van Marble. (Foto: Claire Gunn)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Buite is die V&A Waterfront ‘n lekker gezoem van toeriste en locals, luukse skepe lê op anker in die hawe en Tafelberg – wat deur elke venster van Marble sigbaar is – gooi haar arms verwelkomend oop vir almal wat in die Moederstad wil kuier. Dis herfs, die dae is soel en mooi en ideaal vir kuier in Kaapstad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die hele restaurant se spyskaart wentel om ‘n ikoniese Grillworks, wat intense geure lewer deur die wisselwerking van vuur en finesse.
David was al verskeie male die Eat Out Restaurant Awards se sjef van die jaar. Hy het meer kom vertel van hul top-verkopers, hoe van hul lojale Johannesburg-kliënte gereeld hier kom eet, omdat hulle van die Marble-konsep hou en die verandering van landskap geniet.
“Marble Kaapstad bou voort op die Johannesburg-een,” vertel David terwyl die kelners die een lekker gereg na die ander na die tafel dra. “Jy kom ná werk vir ‘n drankie en kyk hoe die son oor die see en die berg sak; skuif binne na jou tafel toe vir ‘n lekker maaltyd en eindig weer op die stoep met ‘n drankie en kyk hoe die liggies van die Waterfront en stad flonker en die maan en sterre ‘n skouspel lewer.”
Die Kaapstad-restaurant is ‘n opwindende nuwe hoofstuk in die Marble-reis waar Suid-Afrika se ryk kulinêre erfenis met ‘n vuurgedrewe spyskaart gevier word. Marble Cape Town meng tradisie, innovasie en die lewendige energie van die Moederstad naatloos.
Lees ook: Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma
Die restaurant is op die dak van die historiese Union Castle Mail Steamship-gebou wat in 1919 gebou is, vanwaar die uitsigte oor die hawe, stad en Tafelberg soos groot skilderdoeke voor jou ontvou. Gaste word onder verwelkom en met ‘n glas hysbak na die dak geneem.
Marble het sedert sy ontstaan in 2016 sinoniem geword met Suid-Afrika se diverse en gewaagde koskultuur. Saam met David is die entrepreneur Gary Kyriacou, die stigters van hierdie gevierde handelsmerk en het hier hul hul kenmerkende vuurgefokusde filosofie met die stad se bekende seekostradisies vervleg.
David is al etlike jare ‘n Mercedes Benz-handelsmerk-ambassadeur en is saam met J’Something ‘n aanbieder vir die MNET-werklikheidskookprogram, My Kitchen Rules South Africa.
David en Gary het ook in 2018 vir Saint in Johannesburg geopen en in dieselfde jaar het David sy kookboek, Mile 8: A Book About Cooking, bekend gestel.
“Die konsep van lewendige kook is dalk nie meer nuut nie, maar die manier waarop ons dit by Marble doen, is altyd ‘n vars ervaring,” sê Marble se hoofsjef Matt van Niekerk. “Vuur het ‘n manier om mense bymekaar te bring – dit is waar stories gedeel word, idees gebore word en nuwe verbintenisse gesmee word.”
Kenmerkende voorgeregte sluit snoekpaté met magwenya, en lam- en beesvleistartaar met ingelegde waterblommetjies, in. Die hoofgeregte het Marble se gevierde houtkole Chalmar-ribeye, saam met nuwe skeppings soos mosselpaella en lynvis met geskroeide preie en geroosterde visgraatsous.
Wikus Human, bekroonde sommelier en nou ook die bestuurder van Marble, maak wynvoorstelle om elke dis op sy beste te laat vertoon. Sjampanjes, Cap Classiques en bekroonde wyne is per glas of per bottel beskikbaar.
Om op ‘n soet noot af te sluit, is daar lekkertes soos Keylimepastei en die heerlike Kaapse grenadellalollie wat jou vrolik sal maak.
Dit was natuurlik vir vele die hoogtepunt van dié luilekker middagete soetighede wat nostalgie en herinneringe oproep, maar met David en Matt se kenmerkende unieke stempel.
Ek het egter besluit om die nagereg mis te loop en my eerder met hart en siel in die kaastrollie ingeleef. Dis ‘n wonderlike vertoonstuk van Suid-Afrika se voorste, kleiner kaasmeesters en daarby is ingelegte, gepreserveerde heerlikhede van die koslegende Karen Dudley.
Lees ook: Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag
Die restaurant se ontwerp is deur die bekende binnenshuise ontwerper, Irene Kyriacou en Redecco. Die dekor weerspieël Kaapstad se natuurlike elemente – wind, see en aarde. Die ontwerp word aangevul deur pasgemaakte kuns, gesofistikeerde teksture en plaaslik-geïnspireerde elemente.
“Die ruimte ontwikkel deur die dag,” verduidelik sy. “Of dit nou middagete, skemerkelkies of ’n aand-ervaring is, die ontwerp pas by Kaapstad se buie aan—van stormagtige dae tot lewendige somer sonsondergange. Die buiteterras is ‘n uitbreiding van die eet- en kroegarea, ontwerp om die skoonheid van ons omgewing te versterk sonder om dit te oorskadu.”
Kuns is ‘n integrale deel van die Marble-handelsmerk en Kaapstad se restaurant is geen uitsondering nie. Daar is handgemaakte stukke geïnspireer deur die plaaslike landskappe en erfenis. Werke deur GRID, Krisjan Rossouw en Michael Beckurts vier Kaapstad se unieke skoonheid, terwyl Mash.T se kristalkrale-installasie die handelsmerk se verbintenis tot vakmanskap weerspieël. Ander uitstaande ontwerpelemente sluit in ‘n plafon-installasie van vlekvrye staal wat waterrefleksies naboots en handgestikte stoffering deur Casamento, wat tradisie met moderniteit vermeng.
Marble Cape Town kan 220 gaste akkommodeer en spog met ‘n indrukwekkende wynkelder wat die land en die wêreld se beste wyne aanbied. Bespreek hier.
Lees ook: Groot feesmakietie in die volstruisdorp
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…
Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak: Was jou…
Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.