Die Alzheimer MIND-dieet het die voorkoms van Alzheimersiekte met 53% verminder onder ’n groep van 923 mense wat dit vir net meer as vier jaar gevolg het. En selfs meer verrassend: hul breinflinkheid het so verbeter dat hulle as 7.5 jaar jonger getoets het, teenoor hul ouderdom toe hulle begin het daarmee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Blykbaar is dit ook nooit te laat om met die Alzheimer MIND-dieet te begin nie, aangesien die deelnemers van 58 tot 98 jaar oud was.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Nota: Die dieet kan nie waarborg dat jy nooit Alzheimersiekte sal kry nie. Dit verminder net jou kanse, in vergelyking met mense wat die normale Westerse leefwyse van baie kitskos, baie transvette, baie gebraaide kos en te min groente volg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
In beginsel kombineer die Alzheimer MIND-dieet die DASH-dieet en die Mediterreense dieet. Die Alzheimer MIND-dieet voeg egter tien kositems by, en sluit vyf uit. Uiteenlopende ondersoeke, in van muise tot mense, het elkeen van hierdie items aan breingesondheid gekoppel. Hulle word egter nie noodwendig in die DASH en Mediterreense diëte ingesluit of uitgesluit nie. Die Alzheimer MIND-dieet is dus ’n potensiële verbetering.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Teorie is een saak, sukses daarmee ’n ander. Maar hierdie een werk, soos dr. Martha Clare Morris van die Rush University Medical Center in Chicago se ondersoek bevestig het.
MIND is die afkorting vir Mediterranean-Dash Intervention for Neuro-degenerative Delay. Op die oomblik is dit die beste – eintlik enigste – benadering waardeur ons onsself teen Alzheimersiekte kan beskerm.
Dit is baie maklik. Sorg net dat jy hierdie tien soorte kosse – en genoeg daarvan – by jou dieet insluit.
Die Alzheimer MIND-dieet sluit items en kookmetodes uit met bewese nadele vir die brein. Maar daar is regtig min beperkings – net hierdie paar:
Gebruik hier jou goeie oordeel. Die Alzheimer MIND-dieet stel geen riglyne hieroor voor nie maar dit beteken ook nie dat jy abnormaal baie daarvan kan of moet gebruik nie.
Jy kan dit selfs beperk, veral as jy gewig wil verloor.
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…
Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…
Hierdie webwerf gebruik koekies.