Volgraanbrood
Volgraanbrood
Ingredients
- Biga (dieselfde as vir die witbrood: klik hier)
- • 10 g kitsgis
- • 400 ml warm water
- • 500 g meel
- Brood
- • 500 g volkoringmeel
- • 350 g Nutty Wheat
- • 950 ml water
- • 45 ml (3 e) olyfolie
- • 20 g sout
- • 10 g kitsgis
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 60 ml (¼ k) verskeidenheid sade soos sonneblom, pampoen en papawersaad
Instructions
1 Biga: Sit die gis en 50 ml water vir 10 min. in ’n groot mengbak. Meng die res van die water in en gooi die meel by. Meng tot glad.
2 Sit die biga in ’n bak wat met olie gesmeer is en bedek met kleefplastiek.
3 Laat rys vir 12-24 uur by kamertemperatuur.
4 Brood: Voorverhit die oond tot 220 °C en spuit 2 × 12 cm × 26 cm × 10 cm-broodpanne, of ’n pan met ’n inhoudsmaat van 3 liter met kleefwerende kossproei.
5 Sit al die bestanddele in die bak van ’n elektriese menger.
6 Meng vir 10 min. met die spaanhegstuk.
7 Vervang die spaan deur die deeghaak en knie vir 15-25 min. met ’n hoë spoed tot die deeg draderig lyk en wegtrek van die kante van die bak. Hierdie stap is baie belangrik.
8 Verdeel die deeg tussen die twee panne en laat rys vir 60-90 min. op ’n warm plek, of tot die deeg in grootte verdubbel het en tot bo in die pannetjie gerys het.
9 Verf die bokant met olyfolie en strooi die sade oor.
10 Bak vir 30-35 min. of tot dit hol klink as jy daarop klop. Laat op draadrakke afkoel.
Lees ook: