kategorieë: Ontspanning

Vlug na Egipte

Dit is vier maande ná die gebeure van VLUG NA EGIPTE en die inwoners van Breipaal wat ons nou al goed ken, leef hulle lewens voluit. Die Haasbroeke is al ingeburger in die dorp, maar die vrede wat heers in die huis van Meester is nie wat dit wil voorgee om te wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lea (Leandie du Randt) het ’n wil van haar eie, en Charles (Marcel Schoeman) is nie heeltemal seker waarmee hy besig is nie – totdat Dot (Marion Holm) met ’n voorstel vorendag kom. Rooikappie (Diane Wilson) besluit dit is tyd om aan te beweeg van haar groot liefde, want sy het ’n man in die oog. Lena (Clara Joubert) is hard aan die werk en oefen, maar sonder die nodige ondersteuning, en met gedagtes wat haar siel kan verwoes, gaan dit maar moeilik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is twee nuwe “Inkommers” op die dorp: Woestyn (gespeel deur Adrian Alper) en Pieter Wolf (André Weideman). Beide van hulle gaan van die eerste dag af moet besef dat daar nie iets soos ’n ‘geheim’ op Breipaal bestaan nie, en dat die Karoliete onwrikbaar saamstaan wanneer hulle voel dis nodig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is ook verrassende verwikkelinge in almal se lewens wat soms gepaardgaan met skokkende nagevolge – veral as ouderling Giel Swiegers (Eric Nobbs) betrokke is. Dot gaan nie stilletjies sit en toekyk hoe die hoofouderling homself ’n uitverkorene maak wat die wette van die kerk gebruik tot sy eie voordeel nie, maar danksy ’n paar interessante gesprekke lyk dit darem nie of sy alleen die stryd gaan moet voer nie. Dit wil voorkom of Troffel (Richard van der Westhuizen) se oë ook stadig maar seker oopgaan vir dit wat rondom hom aan die gebeur is. Die probleem is net dat Troffel se vrou ’n groot rol in sy lewe speel – en dalk ’n groter rol as die daaglikse bestuur van sy plaas.

Dominee Karel Burger (Wilson Dunster) kan maar net nie die tuig neerlê nie, al hardloop die duiwel dan nou ook met ’n pak en das die hele dorp vol om seker te maak hy bring die prediker van stryk. Gelukkig is Dominee nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie – hy lyk maar net soms so – en besef dié gedugte digter dat wanneer daar ’n wil is, is daar ’n weg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Breggie (Kay Smith) is besig om haar boek nou met alle erns te skryf, siende dat sy nou baie stof tot nadenke het. Kortjas (Chris van Niekerk) moet gewoond raak aan die nuwe rigting wat sy lewe ingeslaan het – al is dit maar ’n alleen pad om te stap.

Tony (Frank Opperman) is duidelik ’n man wat weet hoe om vyande van vriende te maak – of is dit dalk andersom? Sanna (Karen Wessels) begin ook baie meer standpunt inneem – maar is dit die regte standpunt wat sy ondersteun?

Gertjie (Rolanda Marais) laat nie gras onder haar voete groei nie, maar die weë van die liefde is blykbaar bestem om besaai te wees met dubbeltjies. Dié boerin sit dan nou ook met meer as een probleem op Daggafontein, en dit is nie net haar hardekwas pa wat die lewe vir haar al hoe moeiliker begin maak nie.

Om dit alles te kroon, gaan die salige, stil lewe op die Paal ook nie meer vir te lank so stil wees nie – ’n moordenaar het ’n mes in vir ’n paar lede van die gemeenskap…

Vlug na Egipte – Dinsdae 20:30 op kykNET, vanaf 14 April 2015.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

12 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

18 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

19 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

20 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

20 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.